Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP': Piesang-Nutella-rolletjies

Dié poeding is redelik maklik om te maak. Dit word nie gebak nie, net in vlak olie gebraai, dus het die braaier beter beheer oor die eindresultaat.

Piesang-Nutella-rolletjies. Foto: Myburgh du Plessis

Jy benodig:

  • 1 gesnyde witbrood
  • 4 piesangs, in 20 repe gesny (die lengte van ’n sny brood)
  • 1 potjie (180 g) Nutella-sjokoladesmeer
  • 4 eiers, geklits
  • 30 ml melk
  • 250 ml versiersuiker
  • 250 ml bruismeel
  • olie vir braai
  • strooisuiker vir versiering
  • 250 ml room, styf geklits

Só maak ’n mens:

1. Sny die korsies van die brood af en rol die snye plat met ’n koekroller.

2. Smeer Nutella op elke sny. Plaas ’n reep piesang op elke gesmeerde sny en rol styf op soos vir ’n rolkoek.

3. Plaas die eier en melk in ’n plat bak en meng die versiersuiker en meel in ’n aparte bak. Doop die broodrolletjies eers in die eiermengsel en dan in die versiersuikermengsel.

4. Verhit olie vir vlakbraai in ’n platboompot oor matige kole en braai die broodrolletjies tot goudbruin rondom.

5. Rol die rolletjies in strooisuiker en sit voor met geklopte room.

Meer oor:  Nutella  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.