Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Quiche met gerookte forel, kruie en jongertjies
Foto: Myburgh du Plessis en Berna Coetzee

Die kleurryke kombinasie van jong­ertjies gee dié retro-gereg ’n welkome verjongingskuur.

Lewer 4 groot porsies

Wat jy benodig:

Broskors

  • 375 ml koekmeel
  • 3 ml sout
  • 100 g koue botter, in blokkies gesny
  • ongeveer 60 ml yswater

Vulsel

  • 375 ml gevlokte, gerookte forel
  • 100 ml-mengsel van gesnipperde
  • grasuie, gekapte pietersielie,
  • gekapte bronkors, gekapte roket
  • 125 ml bevrore ertjies, ontdooi
  • vars suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 eiers
  • 2 eiergele
  • 125 ml room
  • 100 ml melk

Maak dan só:

Sit die meel en sout saam in ’n mengbak en vryf die botter met jou vingerpunte in tot krummelrig (of pols alles in ’n voedselverwerker tot krummelrig).

Voeg die yswater bietjie vir bietjie by en sny dit met ’n mes in die meelmengsel in tot klam krummels vorm wat aan mekaar begin vassit.

Druk die krummels bymekaar in ’n bol deeg, bedek met kleefplastiek en verkoel vir 30 minute.

Voorverhit die oond tot 200°C. Rol die deeg ongeveer 5 mm dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak en voer ’n losboomtertbord van 22 cm daarmee uit (of vier individuele diep tertbordjies).

Voer uit met ’n stuk bakpapier en vul met rys of droëbone.

Bak dit blind vir 10 minute.

Haal die papier met bone of rys uit en bak dit blind vir ’n verdere 7 tot 10 minute. Haal uit die oond en hou eenkant.

Verlaag die oondtemperatuur tot 160°C.

Meng die forel, kruie, ertjies, suurlemoensap, sout en peper saam. Skep in die voorbereide tertkors. Klits die eiers, eiergele, room en melk saam.

Geur liggies met sout en peper en giet versigtig oor die tertvulsel, tot net onder die deeg se rant.

Bak vir ongeveer 20 tot 25 minute, tot die vulsel ferm is. Laat afkoel tot louwarm.

Meer oor:  Jongertjies  |  Gerookte Forel  |  Resep  |  Quiche  |  Kruie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.