Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Resep: Romerige vispot

Dié potjieresepte kom uit VIA (DStv-kanaal 147) se gewilde kosprogram Laat die potte prut. Een van die wenspanne, Die Cherokees, deel hul resep met ons.

Nuwe episodes van Laat die potte prut wys elke Maandag om 20:30 met heruitsendings op Vrydae om 19:00 en Saterdae om 17:30.

Romerige vispot

Bestanddele

2 rooi uie, fyn gekap

1/2 knoffelhuisie, fyn gekap

olyfolie

okkerneute (opsioneel)

vars room

klappermelk

1 liter witwyn

swartpeper, na smaak

sout, na smaak

1 pakkie vars pietersielie

koljander

1 pakkie eksotiese sampioene

seldery

2 kg engelvis-fillette

2 kg stokvis-fillette

finkelblare

suurlemoene en suurlemoensap

Metode

Braai een ui en die knoffel in olyfolie saam met die okkerneute, indien jy dit wil byvoeg.

Voeg die room en klappermelk by en kook alles saam. Gooi ook die witwyn by en geur met sout en peper na smaak. Die pietersielie en koljander kan nou opgesny en bygevoeg word.

Laat die pot prut tot die sous dikker word.

Voeg die sampioene en die seldery by.

In ’n aparte pot, braai die viskoppe en -sterte saam met die ander rooi ui met ongeveer 300 ml witwyn, 100 ml water en suurlemoensap, sout, en peper na smaak.

Gooi die sous af ná sowat 20 minute se kook. Gooi die koppe en sterte weg.

Hou die aftreksel eenkant vir later.

In ’n aparte pot – wat nie te warm is nie – voeg die visfilette wat in blokkies gesny is by en braai saam met sout en peper en nog ’n bietjie koljander.

As die vis amper gaar is, gooi die hele ander pot sous by. Meng alles bymekaar en kook verder vir nog ’n paar minute.

Proe of die peper-en-sout-inhoud reg is.

Jy kan finkelblare byvoeg en kook of jy kan dit vars bo-op die vispot bedien.

Meer oor:  Via  |  Resep  |  Vis  |  Potjiekos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.