Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Resep: Rugstringpastei
’n Heerlike, vullende pastei vir Sondagmiddagete. Foto’s: MYBURGH DU PLESSIS
Rugstringpastei

Ná 27 jaar het die gewilde resepteboek Boerespyse ’n nuwe baadjie gekry: Hartskombuis: Boerekos van die ABO tot vandag. Die resep vir rugstringpastei is in dié boek te vind.

Op kommando is daar ook soms “huiskos” gemaak en partykeer is miershoop-oonde gebruik om die vleisgeregte in te bak. So ’n oond is geprakseer deur ’n miershoop uit te hol en die openinge met klei of vars beesmis toe te smeer.

Jy benodig:

  • 2,5 kg skaaprugstring en -blad, in blokkies gesny
  • 25 ml (5 t) sagte vet of botter
  • 375 ml (1½ k) kookwater
  • 10 ml (2 t) sout
  • 2 ml (½ t) varsgemaalde swartpeper
  • 25 ml (5 t) asyn
  • 2 heel kruienaeltjies
  • 6 wonderpeperkorrels
  • 1 lourierblaar
  • 15 ml (1 e) suurlemoensap
  • 1 eiergeel, geklits
  • ongeveer 500 g varsgemaakte skilferkorsdeeg of 1 rol (400 g) gekoopte, bevrore blaardeeg (ontvries)
  • 1 eier, geklits

So maak ’n mens:

1. Verhit die vet of botter en braai die vleis daarin tot ligbruin. Giet die kookwater by.

2. Voeg die sout, peper, asyn, kruienaeltjies, wonderpeper en lourierblaar by. Stowe vir 1 tot 1½ uur tot die vleis deurgaar en sag is.

3. Voorverhit die oond tot 220 °C.

4. Verwyder die kruienaeltjies, wonder­peper en lourierblaar, asook al die bene en senings. Voeg die suurlemoensap by en laat dit deurkook.

5. Giet ’n bietjie van die warm vleissous op die geklitste eiergeel en roer dit by die vleis in.

6. Verdeel die deeg in twee, rol dit dun uit en voer ’n pasteibak met een helfte. Hou die res eenkant vir die bolaag van die pastei.

7. Skep die vleisvulsel in die pasteikors. Bedek dit met die res van die deeg. Versier met deegstroke of deegvormpies, soos blaartjies, indien verkies. Bestryk die deeg met die geklitste eier. Sny twee of drie gleufies in die bolaag om stoom uit te laat.

8. Bak in die oond tot die deeg goudbruin en deurgaar is.

Hartskombuis bevat meer as 100 resepte en is ook propvol geskiedkundige brokkies en pragtige foto’s.

Hartskombuis
Hartskombuis bevat meer as 100 resepte vir alles van boereworspastei tot tamatiebredie en ’n magdom nageregte en gebak. Dit is ook propvol geskiedkundige brokkies en pragtige foto’s van voorwerpe uit die ­Anglo-Boereoorlog. Die boek word deur Tafelberg uitgegee en is in boekwinkels beskikbaar teen R300. 

Meer oor:  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.