Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Russieke sharlotka-appelkoek

Gaan op 'n Russiese smultog met hierdie sharlotka-appelkoek.

Wat jy benodig

  • 4 Granny Smith-appels, geskil, stronk uit, in kwarte en dan in dun skyfies gesny
  • 15 ml vars suurlemoensap
  • 4 eiers
  • 2,5 ml amandel- of vanielje- geursel
  • 250 ml suiker
  • 250 ml koekmeel
  • 2,5 ml fyn kaneel
  • 2 ml varsgemaalde neutmuskaat
  • knippie sout
  • versiersuiker, vir oorsif

Maak dan só

Voorverhit die oond na 180°C. Smeer ’n 22 cm-losboomkoekpan en bestrooi liggies met meel. Meng die suurlemoensap deur die appelstukkies.

Sif die meel, kaneel, neutmuskaat en sout saam in ’n bakkie. In ’n mengbak, klits die eiers, amandelgeursel en suiker met ’n elektriese klitser vir 10 minute tot dik en liggeel. Vou die droë bestanddele liggies in vier sarsies in tot net gemeng.

Versprei die appels egalig oor die pan se bodem, giet die beslag eweredig oor en bak vir 1 uur. Dis reg as die bokant bros en goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom. Laat staan vir 15 minute op ’n afkoelrakkie en maak die pan los. Sif versiersuiker oor en bedien warm met suurroom.

Meer oor:  Resepte  |  Koek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.