Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Seekos met ’n kinkel

Bo-Kaapse kos was op die spyskaart in die agste episode van Uit die spens. Die mediapersoonlikheid Ivor Pric­e en André Visser van Cape Town Butler het elk ’n seekoskerrie aangepak – ’n resep uit Die Burgerse argief en ’n moderne weergawe daarvan.

Die Burger se resep

Seekoskerrie is gepas vir enige tyd van die jaar. Foto: Verskaf

Kaapse seekoskerrie

(Lewer 6 porsies)

Bestanddele

  • 600 g koningklip, sonder vel en in filette gesny
  • 1 t. (5 ml) gegeurde seesout
  • 200 g calamari-ringe, saggemaak
  • 8 garnale of mossels
  • 2 groot uie, gerasper
  • 2 e. (30 ml) olie
  • 2 lourierblare
  • 1-2 groen brandrissies, fyngekerf
  • 3 groot ryp tamaties, gerasper
  • 2 t. (10 ml) knoffel, gekneus
  • 1-2 e. (15-30 ml) matige kerriepoeier
  • Om voor te sit: vars koljander (dhanja) en blatjang

Metode

Geur die vis met gegeurde seesout, bedek en laat staan in die koelkas om ferm te word.

Sprinkel die vleissagmaakmiddel oor die calamari en laat staan 20 minute in ’n vergiettes.

Spoel af onder koue lopende water.

Sny die garnale ruglangs oop en verwyder die dermkanaal.

Gebruik ’n groot braaipan met ’n deksel en smoor die uie sowat 20 minute baie stadig in die olie tot sag en goudkleurig.

Voeg die lourierblare, rissies en tamaties by.

Smoor nog 20 minute teen lae hitte.

Voeg die knoffel en kerriepoeier by. Roer deur.

Sny die vis in blokkies en voeg dit saam met die calamari en garnale by die kerriemengsel.

Bedek die pan en smoor 8-10 minute totdat die vis net gaar is. Proe vir geur.

Voeg die koljanderblare by. Sit voor met blatjang, geurige lensierys, komkommerskyfies, blokkies rooi en groen soetrissie en papinoskyfies.

Roti

Bestanddele

  • 3 koppies (360 g) koekmeel
  • 1 t. (5 ml) sout
  • 3 e. (45 ml) olie
  • 1½ koppie (375 ml) water
  • 7 e. (100 g) botter
  • 7 e. (100 ml) koekmeel
  • 4 t. (60 ml) olie

Metode

Meng die meel en sout in ’n bakkie.

Voeg die drie eetlepels olie by en vryf dit in die meel om ’n krummelrige mengsel te vorm.

Voeg water by en meng tot ’n sagte deeg.

Knie en voeg ekstra meel by indien nodig om ’n soepel deeg te vorm.

Laat staan minstens 15 minute om te rus.

Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 2 cm dik. Stip met botter en sprinkel met meel. Vou die deeg oor, soos pastei- deeg. Laat staan minstens een uur om te rus.

Rol die deeg weer uit tot sowat 1 cm dik en rol op soos ’n rolkoek.

Breek ruim eiergrootte stukke deeg af.

Rol uit op ’n meelbestrooide oppervlak en rek en rol tot die grootte van pannekoek sowat 20 cm.

Verhit ’n swaarboompan en voeg ’n bietjie olie by.

Bak een roti op ’n slag.

Draai gereeld om tot effens stippelrig en goudbruin.

Haal uit die pan en frummel tussen palms om die roti te kreukel.

Sit warm voor saam met kerrie.

  • Resepte kom uit Lekker resepte uit die Bo-Kaap in ’n uitgawe van Die Burger in die 1980’s.

André se seekoskerrie

André Visser volg dieselfde resep as die een uit Die Burger se argief, maar voeg die volgende by om dit op te kikker:

  • 150 ml asyn
  • 100 g suiker
  • 4 e. blaar-masala
  • 6 stukkies steranys
  • 2 e. dhanja-poeier
  • 2 e. jeera-poeier
  • 2 e. barishap-poeier
  • 15 kardemomsade
  • 2 e. gemmer, vars gerasper
  • 1 e. gerookte paprika
  • 15 All Spice-korrels
  • 2 e. borrie
  • 3 t. sout
  • gedroogte sitrus en nartjie
  • knoffel word gemaal met ’n bietjie olie en sout

Kyk Uit die spenselke Donderdag om 21:00 op VIA. Môreaand maak Karen Hart en Marike de Villiers randrekker-resepte.

Die vorige week se resepte verskyn elke Woensdag in Versnit.

Meer oor:  Resep  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.