Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Sjokolade-malvapoeding met room

Dié potjiekosresep kom uit VIA (DStv-kanaal 147) se gewilde kosprogram Laat die potte prut. Dit is deur Lekker Dyt, een van die program se wenspanne, verskaf.

Malvapoeding

Sjokolademalvapoeding met room

Bestanddele

  • 80 g botter
  • 400 ml (± 1½ k) suiker
  • 2 ekstragroot eiers
  • 500 ml (2 koppies) melk
  • 30 ml (2 e) asyn
  • 40 ml (8 t) appelkooskonfyt
  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 7 ml (1½ t) koeksoda
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • 50 ml kakao

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Spuit ’n oondbak met kossproei.

3. Meng die botter, suiker en eiers in ’n mengbak en klop vir 5 minute tot ’n romerige beslag.

4. Meng die melk, asyn en appelkooskonfyt in ’n aparte bak.

5. Voeg die koekmeel, koeksoda, bakpoeier en kakao by die eiermengsel, en klop dit goed saam.

6. Gooi die mengsel in die oondbak en bak ongeveer 30 minute.

Sous

Bestanddele

  • 150 g botter
  • 300 ml room
  • 180 ml (¾ k) suiker

Metode

1. Meng die botter, room en suiker in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt.

2. Verlaag die hitte en laat die mengsel sowat 3 minute prut.

3. Giet die warm sous oor die malvapoeding sodra dit uit die oond kom.

* Sit voor met roomys of vla.

  • Nuwe episodes van Laat die potte prut word Donderdae om 20:00 uitgesaai, met heruitsendings op Vrydae om 19:00 en Saterdae om 21:00
Meer oor:  Via  |  Resep  |  Laat Die Potte Prut
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.