Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Sjokoladepoedingpotjie

Sjokolade, op sjokolade, op sjokolade! Maak seker daar’s genoeg vir ’n tweede skeppie, want hierdie sjokoladepoedingpotjie gaan beslis ’n wenner by jou braai wees, reken Louise Groenewald wat die resep verskaf het.

Bestanddele

  • 1 pakkie sjokoladekoekmengsel, plus bestanddele wat op die agterkant van die pakkie verskyn.
  • 1 pakkie sjokoladekitspoeding
  • 2 koppies koue melk
  • 1 koppie malvalekkers
  • ’n halwe koppie wit sjokoladeblokkies, opgebreek
  • ’n halwe koppie bruin sjokoladeblokkies, opgebreek
  • Ander sjokolade van jou keuse kan ook gebruik word.
Meer dekadent as hierdie sjokoladepoeding kan jy nie kry nie! Foto: Adele Myburgh

So maak jy

Berei die koekbeslag volgens die aanwysings op die pakkie en giet dit in ’n gesmeerde swartpot.

Berei die kitspoeding voor met die twee koppies melk.

Bedek die koekmengsel met malvalekkers en smeer dan die poedingmengsel versigtig oor die malvalekkers.

Versprei die sjokoladestukkies eweredig bo-oor.

Sit jou potjie se deksel op en bak dit oor medium kole vir 50 tot 60 minute of tot gaar. Plaas ook ’n paar kole op die deksel. Toets vanaf 40 minute of die poeding gaar is.

Sit dit voor met geklitste room of roomys.

Meer oor:  Erfenisdag  |  Erfenis  |  Louise Groenewald  |  Sjokoladepoedingpotjie  |  Braaidag2020  |  Braaidag  |  Sjokolade  |  Poeding  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.