SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Kos en Wyn
RESEP: Skaap-akni
skaap-akni

Dié potjieresepte kom uit VIA (DStv-kanaal 147) se gewilde kosprogram Laat die potte prut. Die resep hieronder is dié van een van die wenspanne, Team Bontas. Nuwe episodes is Donderdae om 20:00 en die heruitsendings is op Vrydae om 19:00 en Saterdae om 20:30.

Hoofpot: Skaap-akni

  • 1 k olie
  • 2 kg skaapvleis (mutton chuck-stukke)
  • 5 uie, geskil en gekap
  • 1 soetrissie, gekap
  • 1 e knoffel-en-gemmerpasta
  • 30 g stokkaneel
  • 30 g karamonk
  • 30 g naeltjies
  • 30 g All Spice-wonderpeper
  • 30 g lourierblare
  • 1 bossie vars koljander
  • 1 k water
  • 2 t sout
  • 1 kg aartappels, geskil en gesny
  • 1.5 kg basmati-rys
skaap-akni
skaap-akni
skaap-akni
skaap-akni
skaap-akni

Metode

Braai die ui en rissie saam in olie in die pot tot bruin.

Meng die pasta, kruie en al die speserye saam in water en voeg dit in pot saam met die vleis en kook tot sag en amper gaar.

Voeg daarna die sout, aartappels, rys, koljander by. Plaas die deksel op die pot en kook tot die rys sag is. Roer gereeld deur.

Sit voor met knoffelbrood en gemmer-en-lemoen-patat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.