Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Sonnige sjiffonkoek met suurlemoen-glaseersel
Foto: Ian du Toit

Selfs groentjies kan die klassieke, veerligte koek aanpak met hierdie beproefde resep wat al ewe spoggerig met ’n blou lint by die Randse Paasskou weggeloop het.

Lewer 1 x 23 cm enkellaag-koek.

Wat jy benodig

  • 120 g koekmeel
  • 150 g suiker
  • 7,5 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 60 ml olie
  • 3 eiergele
  • 45 ml vars lemoensap (giet deur ’n siffie)
  • 45 ml vars suurlemoensap
  • 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil
  • 4 eierwitte (by kamertemperatuur)
  • 2 ml kremetart

Maak dan só

Voorverhit die oond tot 160 °C.

Voer die boom van ’n sjiffonkoekpan, deursnee 23 cm, met bakpapier uit. Moenie die pan smeer nie!

Sif die meel, suiker, bakpoeier en sout saam in ’n groot bak.

In ’n ander bak, klits die olie, eiergele, lemoensap, suurlemoensap en -skil goed.

Voeg die vloeistofmengsel by die droë bestanddele en meng goed tot glad.

In ’n groot, skoon glas- of metaalbak, klits die eierwitte en kremetart tot baie styf.

Roer ’n kwart van die eierwitmengsel by die beslag in om dit ligter te maak.

Vou die res van die eierwitmengsel versigtig by die beslag in.

Skep die mengsel in die sjiffonpan en bak vir 45-50 minute tot hoog uitgerys, liggoudbruin en ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.

Plaas die koek onderstebo op ’n draadrak en laat in die pan afkoel tot kamertemperatuur.

Maak die kante versigtig met ’n dun, lang mes los en keer die koek uit.

Versier dit dan met suurlemoen-glaseersel.

Suurlemoen-glaseersel

  • 85 g (90 ml) gesmelte botter
  • 45 ml vars suurlemoensap
  • 260 g (500 ml) versiersuiker
  • 5 ml vanielje-ekstrak of 10 ml vanieljegeursel

Klop die botter, suurlemoensap, versiersuiker en vanielje in ’n bak tot glad. Skep oor die afgekoelde koek.

Meer oor:  Errieda Du Toit  |  Nagereg  |  Suurlemoen  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.