Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Steek aan die vuur, ons maak poeding!

Jy kan basies enige gebakte poeding op die kole gaarmaak, sê Louise Groenewald, ’n voorslagkok van Goodwood wat haar heerlike resepte met vriende en kennisse op Facebook deel.

“Hou altyd in gedagte dat jy nie moet haastig wees daarmee nie en genoeg tyd moet gee om dit op medium kole gaar te maak. Jou poeding kan maklik brand aan die onderkant as jy haastig raak en jou kole te warm is,” sê sy.

Louise deel ’n maklike poedingresep wat lesers op Braaidag kan probeer.

Appel-karamel-potpoeding

Bestanddele

Beslag:

  • 250 ml suiker
  • 2 eiers
  • 12,5 ml gesmelte botter
  • 125 ml melk
  • 250 ml bruismeel
  • Knippie sout
  • 125 ml rosyntjies of vrugtekoekmengsel
  • 400 g blikkie tertappels, in kleiner stukkies gesny

Sous:

  • 250 ml room of ingedampte melk
  • 125 ml suiker
  • 2 sopies soetwyn
  • 15 ml karamelgeursel
Verras jou braaigaste met ’n heerlike gebakte appelpoeding in ’n pot. Foto: Adele Myburgh

So maak jy

Klits die eiers en suiker saam tot lig. Voeg die gesmelte botter en melk by. Meng goed.

Voeg die meel, sout en rosyntjies by. Meng goed. Giet die beslag in ’n klein swartpot wat goed gesmeer is met botter. Voeg appelstukke by. Plaas dit oor medium warm kole en sit so vyf kole op die deksel. Bak dit stadig vir omtrent 45 minute.

Bring die sousbestanddele tot kookpunt net voor die poeding gaar is. Kook dit vir vyf minute, verwyder van hitte en voeg die karamelgeursel by.

Prik die poeding met ’n vurk en giet sous oor sodra dit gaar is. Geniet dit met vla of roomys.

Meer oor:  Erfenisdag  |  Erfenis  |  Goodwood  |  Braaidag2020  |  Vuur  |  Appel  |  Braaidag  |  Karamel  |  Poeding  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.