Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Stellenbosser se seekospot is vol kultuur

Erfenisdagvieringe sonder ’n seekospot skiet ver tekort. Vir Belinda Jackson is daar net een mens in Stellenbosch wat weet hoe, en dit is ’n ou bekende op die dorp, Granville Paulse van Idasvallei.

Dié seekos en mittejale (speserye) maak jou honger!Foto’s : BELINDA JACKSON

Hierdie afgetrede rekenmeester ken van pot maak, en veral seekos. Vir jare is hy een van die span potjiekoskokke wat Universiteit Stellenbosch-studente ondersteun, met die jaarlikse potjiekosdag wat die Anglikaanse Kapelaanskap-trust op die dorp aanbied. Mense kom van heinde en verre om te kom smul by die kospotte van Granville Paulse (74) en sy span kokke.

Met die onlangse verligting van die inperking na vlak 2 toe, kon ek gelukkig sy arm draai om net weer een keer sy seekospot te kan proe, om my en my gesin, én die Paulses, te herinner aan die goeie ou Erfenisdae!

Dit het behoorlik praat gekos om die uitsonderlike resep uit hom te kry! Hy dien dit op met gegeurde basmatirys.

Granville Paulse slaan sy seekospotjie aanmekaar.
Dié gegeurde rys laat jou mond water.

Granville Paulse se Erfenis-seekospot

(Genoeg vir 10)

Bestanddele:

  • 3½ kg skoongemaakte garnale
  • 500 g mossels
  • 500 g salm
  • 3 uie fyngesny
  • 4 eetlepels kookolie
  • 20 g botter (die olie en botter word saam “ghee” genoem)
  • ’n Handvol kerrieblare
  • 1 blikkie (410 g) tamaties
  • 3 huisies kardemom, oopgebreek
  • 1 stok pypkaneel, in stukke gebreek
  • 1 gekapte groenrissie
  • 25 ml stamp-pasta (gestampte knoffel, groengemmer en rissie)
  • 25 ml borrie
  • 5 ml fyn koljander
  • 15 ml vleismasala (Spice City)
  • 20 ml seekosmasala (Spice City)
  • 10 ml garam-masala
  • Handvol vars koljander (danya), gekap

Metode:

Braai die uie liggies in die “ghee”. Voeg die kerrieblare by. Volg op met oopgebreekte kardemomhuisies en stukkies kaneel. Laat karameliseer vir so 10 tot 12 minute.

Voeg die gekapte groenrissie by en laat smoor dit vir sowat vyf minute.

Voeg dan die blik tamaties by en smoor verder vir sowat 10 minute.

Dis nou tyd om die stamp-pasta by te roer, gevolg deur die borrie, fyn koljander, vleis- en seekosmasala. Smoor dit saam vir 10 minute.

Voeg nou die seekos by en laat prut vir so 10 minute oor stadige hitte. Sprinkel die garam-masala en vars gekapte koljander (met stingels), asook sout na smaak, by.

Laat dit verder prut vir so twee minute. Laat dit dan eenkant staan.

So lyk ’n Erfenis-seekospot, ene kultuur!
En geniet!

Gegeurde basmatirys

Spoel twee koppies droë basmatirys goed af. Dit moet kleurloos wees na die afspoel. Laat staan in water vir sowat 30 minute (heeltemal bedek). Dreineer.

Braai een fyngesnyde ui in twee eetlepels ghee tot ligbruin in ’n kastrol op die stoof. Roer twee oopgebreekte kardemomhuisies, een stuk pypkaneel (opgebreek), twee naeltjies en 5 ml jeera by. Laat smoor dit vir vyf minute. Voeg die basmatirys en sout na smaak by.

Gooi 150 ml water bo-oor (dit moet die rys bedek). Sit die deksel op en laat dit kook oor ’n stadige hitte vir 15 minute.

Voeg die gekapte danya by en meng. Laat dit dan staan vir ’n paar minute. Bedien.

Meer oor:  Erfenisdag  |  Erfenis  |  Granville Paulse Van Idasvallei  |  Stellenbosch  |  Braaidag  |  Seekos  |  Seekospot  |  Resep  |  Braaidag2020  |  Potjiekos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.