Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Stoutsisters in lemoenstroop

Die erfenissoetigheid vat vlam met lemoen en brandewyn.

Soutsisters met lemoenstroop. Foto: Ian du Toit

Wat jy benodig

Lemoenstroop:

  • 375 ml bruinsuiker
  • 1 liter vars uitgedrukte lemoensap

Deeg:

  • 500 g witbroodmeel
  • 10 g kitsgis
  • 4 eiers
  • Skil van 4 lemoene
  • 10 ml fyn sout
  • 125 g sagte botter
  • Olie vir diepbraai

Flambé:

  • 250 ml brandewyn (Blaauwklippen 10 jaar-potketelbrandewyn)

Maak dan só

Lemoenstroop: Plaas suiker in pan oor matige hitte en roer tot die suiker gesmelt en goudbruin is. Voeg lemoensap by, prut 10 minute tot karamel opgelos is. Verkoel.

Deeg: Plaas 150 g water en deeg­bestanddele in ’n staanmenger met klits-hegstuk, meng stadig vir 8 minute. Meng botter 25 g op ’n slag by. Sodra al die botter bygemeng is, meng op hoë spoed tot glad en blink. Laat oornag in yskas rys.

Volgende dag: Rol koue deeg op meelbestrooide oppervlak (1 cm), sny in lang stroke en vleg drie stroke vir elke sister. Plaas op meelbestrooide skinkbord, bedek liggies met kleefplastiek en laat rys vir 4 uur.

Verhit olie tot 180 °C. Braai koeksisters 1-2 minute aan ’n kant tot goudbruin en doop in koue lemoenstroop. Verkoel vir 5 minute. Pak op ’n groot dienbord.

Net voor opdiening, verhit lemoenstroop en brandewyn saam, steek aan en giet vlammende stroop dramaties-versigtig voor jou gaste oor koeksisters. Bedien met klappervlokkies.

Meer oor:  Resep  |  Koeksisters  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.