Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Stroperige appelpoeding met pekanneute

Jy benodig (lewer sowat 12 porsies):

  • 250 ml witsuiker
  • 60 ml botter
  • 2 eiers
  • 60 ml melk
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • ’n knippie sout
  • 4 Granny Smith-appels, geskil, ontkern en gerasper
  • 50 g (½ pakkie) pekanneute, gekap
  • Vir die stroop:
  • 250 ml suiker
  • 250 ml room
  • 45 ml botter

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot by 180 °C.

Foto: Landbou Boerekos

2. Verroom die suiker en botter goed en klits die eiers een vir een by. Voeg die melk by en klits deur.

3. Voeg die meel, bakpoeier en sout by en roer deur. Voeg die appels en pekanneute by en roer tot goed gemeng.

4. Skep die beslag in ’n gesmeerde oondbak en bak vir

sowat 50-60 minute, tot die poeding goudbruin en deurgaar is.

5. Vir die stroop: Terwyl die poeding bak, verhit die suiker en room stadig tot kookpunt, terwyl jy aanhoudend roer. Voeg die botter by en roer tot gesmelt. Hou die stroop eenkant warm tot die poeding uit die oond kom.

6. Prik gaatjies in die poeding sodra dit uit die oond kom en skep die stroop egalig oor. Laat die stroop intrek.

7. Sit die poeding warm voor met dik room of vla, of met ’n skeppie roomys bo-op.

Meer oor:  Poeding  |  Neute  |  Resep  |  Appel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.