Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Resep: Suurlemoenhoender met koeskoesslaai

Op VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Maklik met Marinda gee die eksentrieke Marinda Engelbrecht kitsklasse vir bekendes wat sukkel in die kombuis.

Sponssouskluitjies
Sponssouskluitjies

In dié episode leer Marinda die jong akteur Whaden Johannes hoe om sy gunsteling-kossoort, Marokkaans, te maak. Sy maak suurlemoenhoender, koeskoesslaai en sponssouskluitjies.

Suurlemoenhoender

Bestanddele

  • 1 heel hoender
  • 2 uie, grof gekap
  • 2 wortels, grof gesny
  • 2 selderystingels, grof gesny
  • 2 aartappels in die skil, in kwarte gesny
  • 3 suurlemoene
  • 3 takkies tiemie
  • 10 knoffelhuisies
  • 100 ml hoenderaftreksel
  • sagte botter om hoender mee in te vryf
  • sout en peper

Metode

1. Was die hoender en klad dit droog met kombuispapier.

2. Sit die uie, wortels, seldery, tiemie, 7 knoffelhuisies, 2 suurlemoene in skyfies gesny, die sap van een suurlemoen (hou die helftes om in die hoender te sit) en die hoenderaftreksel in ’n oondbak.

3. Smeer die hoender met botter en geur dit met sout en peper.

4. Sit die twee halwe suurlemoene en 3 knoffelhuisies in die hoender, en sit die hoender op die groente in die oondbak.

5. Plaas die gesnyde aartappels rondom die hoender.

6. Bedek dit met foelie en bak 60 minute tot gaar.

7. Haal die foelie af en bak tot goudbruin.

Koeskoesslaai

Sponssouskluitjies
Sponssouskluitjies

Bestanddele

  • 750 ml kokende warm hoenderaftreksel
  • 500 ml koeskoes
  • 100 ml fyngekapte gedroogte appelkose, geweek in rooibostee en gedreineer
  • 100 ml fyngekapte dadels
  • 100 ml geroosterde amandelsnippers
  • 60 ml heuning
  • 30 ml suurlemoensap
  • 10 ml fyn kaneel
  • vars kruisementblare

Metode

1. Gooi die koeskoes in ’n bak en giet die hoenderaftreksel bo-oor. Bedek dit met kleefplastiek en laat dit 10 minute staan.

2. Maak dit los met ’n vurk en roer die appelkose, dadels en amandels by.

3. Meng die fyn kaneel, heuning en suurlemoensap en roer dit deur die koeskoes.

4. Skeur die kruisementblare en roer dit deur die koeskoes. Moet dit nie sny nie.

Sponserige souskluitjies

Sponssouskluitjies
Sponssouskluitjies

Bestanddele

  • 500 ml melk
  • 4 heel kardamompeule, gekneus
  • 2 heel stukke steranys
  • 2 heel pypkaneelstokkies
  • 30 ml mielieblom
  • 30 ml meelblom
  • 15 ml vlapoeier
  • ekstra melk vir droë bestanddele
  • 1 ml sout
  • 2 eiers, geskei
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 60 ml botter, gesmelt
  • kaneelsuiker

Metode

1. Gooi die melk, gekneusde kardamom, steranys en kaneelstokkies in ’n pot. Verhit alles saam tot kookpunt.

2. Meng intussen die mielieblom, meelblom, vlapoeier en sout met genoeg van die ekstra melk tot glad.

3. Roer die gladde pasta stadig by die melk sodra dit begin kook.

4. Kook die mengsel 2 minute en roer dit aanhoudend totdat dit verdik. Wees versigtig dat dit nie aanbrand nie.

5. Verwyder die heel speserye en hou dit eenkant vir garnering.

6. Klits die eiergele en roer dit geleidelik by die kokende melkmengsel.

7. Voeg die vanieljegeursel by en haal die mengsel van die stoof af.

8. Klits die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in.

9. Skep lepelsvol van die mengsel in ’n gesmeerde bak en skep gesmelte botter en kaneelsuiker oor elke kluitjie.

10. Garneer met heel speserye en sit warm voor.

  • Nuwe episodes van Maklik met Marinda word elke Woensdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 17:00.
Meer oor:  Resepte  |  Via  |  Maklik Met Marinda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.