Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Tuisgemaakte kraakbeskuitjies

Wat jy benodig

  • 225 g steengemaalde koekmeel plus ekstra vir strooi
  • 2,5 ml bakpoeier
  • 4 ml fyn sout
  • 5 ml papawersaad of nigella-(kalonji) saad
  • 10 ml sesamsaad
  • 10 ml vinkel- of komynsaad, grofgemaal of gestamp
  • 5 ml kerriepoeier
  • 2,5 ml growwe swartpeper
  • 30 ml olie, plus ekstra om die deeg te bestryk
  • 120 ml water, met ’n drukkie suurlemoensap
  • seesoutvlokkies vir oorstrooi

Maak dan só

Meng die meel, bakpoeier, sout en speserye saam in ’n mengbak. Maak ’n holte in die meel en giet die water en olie in. Roer deur met ’n houtlepel en knie ’n bietjie in die mengbak totdat die meel behoorlik ingeknie is en ’n bol vorm.

Foto: Ian du Toit
Foto: Ian du Toit

Plaas die bol op ’n meelbestrooide oppervlak en knie sowat 25 keer liggies. Rol die deeg rofweg in ’n silindervorm, draai toe in kleefplastiek en laat rus 20 minute in die yskas, wat die deeg maklik hanteerbaar en elasties maak.

Voorverhit die oond tot 220 °C en plaas bakpapier in ’n groot bakplaat. Rol die deeg met jou handpalms in ’n wors van 30 cm lank, sny in 3 dele van 10 cm elk. Strooi meel liggies oor die werksvlak. Rol een stuk op ’n slag so dun as moontlik in ’n reghoek uit. Sny in stroke, en dan in kleiner reghoeke. Plaas versigtig op die bakplaat (jy kan dit na aan mekaar pak, want dit sprei nie uit nie).

Prik die deeg met ’n vurk eweredig op ’n paar plekke, smeer kwistig met olyfolie, strooi soutvlokkies oor en as jy wil ook sesam- of papawersaad.

Bak vir 8 tot 10 minute terwyl jy ’n oog daaroor hou. Laat afkoel op ’n draadrak.

Wenke:

  • Die deeg kan direk op die vel bakpapier uitgerol en gesny word; en die vel papier kan dan oorgelig word na die bakplaat.
  • Nie lus vir reghoeke sny nie? Sny kleiner stukkies van die wors af en rol elke stukkie uit in ’n vryvorm-kattong.
  • Om die beskuitjies behoorlik uit te droog, plaas ek dit in die afgeskakelde oond vir 1 tot 2 ure.
Meer oor:  Resep  |  Kraakbeskuitjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.