Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Tuna-tjippie-kasserol

Die sukses van ’n tuna-kasserol lê in die kontras tussen die krakerige bo-kors, borrelende kaas en romerige visvulsel. Die resep is aangepas uit The Byrnes Settlers Recipe Book wat in 1979 uitgegee is ten bate van die Natal Settlers Memorial Home, ’n tehuis vir bejaardes in Durban.

Foto: Ian du Toit

Die resep kom uit Saam, uitgegee deur Struik Lifestyle, Penguin Ran­dom House.

Lewer 4 porsies.

Wat jy benodig

  • 80 ml botter
  • 230 g vars knopiesampioene, deurgesny of 1 blikkie, gedreineer
  • 80 ml gekapte ui
  • 2 blikkies (170 g elk) tuna in olie, gedreineer en gevlok 
  • 125 g bevrore of geblikte ertjies
  • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
  • sout en peper
  • 60 ml koekmeel
  • 625 ml melk (of helfte melk, helfte hoenderaftreksel)
  • sout en swartpeper

Bolaag

  • 125 ml gerasperde cheddarkaas
  • 1 pak (125 g) aartappelskyfies, gekrummel

Maak dan só

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n vlak kasserolbak.

Verhit helfte van die botter oor matig hoë hitte, voeg die sampioene en uie by en soteer tot die uie sag is. Voeg die gevlokte tuna, ertjies, suurlemoenskil en suurlemoensap by. Skep in die voorbereide bak.

Smelt die res van die botter oor matige hitte, roer die meel by en roer vir 2 minute. Voeg die melk geleidelik by en roer tot glad en die sous verdik het. Proe en geur met sout en peper na smaak. Giet die sous oor die tunamengsel.

Bolaag: Meng die kaas en aartappelskyfies en strooi bo-oor die tunamengsel. Bak vir 25 minute.

Kors-variasies

  • Vervang die tjippies met gekapte neute en meng met die krummels van 3 snye roosterbrood. Geur die krummels met rooipeper en 25 ml gesmelte botter of olyfolie.
  • Sny 4–6 snye ou brood in blokkies, braai in botter of olyfolie, geur met sout en peper en strooi saam met gerasperde kaas oor die vis.
  • Braai gesnipperde uie bruin in olie en strooi oor die tunamengsel.
  • Rol 100 g pretzels of nachos-skyfies fyn, meng met 30 ml gesmelte botter, gedroogte of vars kruie en 180 ml gerasperde parmesaankaas, strooi oor kasserol voor dit oond toe gaan.

Kort-kortpad tunakasserol:

Meng 1 x 410 g blikkie sampioenroomsop met 125 ml melk in klein kasserolbak. Dreineer en vlok 1 blikkie tuna, meng dit saam met 250 ml aartappelskyfies en 250 ml gaar ertjies by die sop-en-melkmengsel in die kasserolbak.

Strooi 125 ml aartappelskyfies en 125 ml gerasperde kaas oor.

Bak in voorverhitte oond by 180 °C vir 25 minute.

Meer oor:  Tuna  |  Resep  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.