Wat jy benodig
- 1 klein ui, baie fyn gekap
- 1 knoffelhuisie, gekneus en baie fyn gekap
- botter, vir braai van die ui en knoffel
- 1 kg heel swartmossels, skoonge- maak of 24 halwe Jakobsmossels
- 1 koppie sauvignon blanc
- 200 ml room
- vars platblaar pietersielie, gekap
Maak dan só
Braai die ui en knoffel net effens tot deursigtig en sag in ’n klein bietjie botter.
Voeg die mossels by en plaas ’n deksel op die pan.
Laat hulle net effens begin stoom en voeg dan die witwyn by.
Indien jy heel mossels gebruik, moet jy enige van die mossels wat nie oopgaan wanneer hulle begin warm word nie, verwyder.
Sodra die mossels plomp en donkerder van kleur raak en die wyn opkook, kan jy die room byvoeg.
Laat dit vir nog so 4 minute indamp (vinnig kook sonder ’n deksel).
Verdeel in 4 sopbakkies, sprinkel die vars pietersielie oor en bedien saam met warm, vars brood.