Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Vinnige (soet) vuurpret

Leser Louise Groenewald gee ’n paar idees vir nageregte wat maklik en vinnig voorberei kan word:

Poedinghorinkies

Vul roomyshorinkies met jou gunstelinglekkernye, byvoorbeeld malvalekkers, sjokolade, karamelstroop, grondboontjiebotter, sjokoladesmeer, neute, piesang en koekies. Draai toe in foelie en sit op rooster oor matige kole vir omtrent 10 minute. Bedien saam met jou gunstelingroomys.

Soet jaffels

Jaffels op die kole is ’n groot bederf as jy dit met ’n heerlike soet vulsel maak, byvoorbeeld ’n melktertvulsel. Hierdie resep lewer vier jaffels.

Bestanddele

  • 150 ml melk
  • 2 eiergele
  • 20 g koekmeel
  • 60 g witsuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 8 snye witbrood
  • Botter, vir smeer
  • Kaneelsuiker

So maak jy

Klits 4 eetlepels van die melk saam met die eiergele. Roer die meel en suiker daarby en klits tot glad.

Verhit die orige melk oor lae hitte tot dit net begin kook. Roer vinnig die eiermengsel daarby en hou aan roer tot dit verdik. Kook vir ’n minuut terwyl jy dit roer. Hou dop dat dit nie aanbrand nie.

Voeg die vanieljegeursel by en meng goed.

Botter die brood en sorg dat die gebotterde snye na buite wys. Skep van die melktertpap in die middel en bedek met nog ’n sny brood.

Rooster in ’n jaffelpan tot bros en goudbruin. Sprinkel kaneelsuiker oor en geniet dadelik.

* Idees vir ander vulsels: Dik vla met piesang, sjokolade en malvalekkers.

Soet pizza op die kole

Gebruik tortilla-“wraps” met heerlike bolae. Plaas op ’n oop rooster oor medium kole vir omtrent 10 minute. Rol op en geniet.

Smeer met sjokoladesmeer, karamel of kondensmelk, en voeg piesang by as jy wil. Die grootmense kan hulle eie weergawe maak en dit geniet met groenvye en roomkaas of enige ander sagte kaas.

Meer oor:  Erfenisdag  |  Erfenis  |  Sjokolade  |  Nagereg  |  Resep  |  Braaidag2020  |  Vuur  |  Braaidag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.