Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Resep vir pastei benut oorvloed van wildsvleis
Breedt se wildspastei met die Kransberg in Limpopo op die agtergrond.

“Daar bestaan nie ’n tekort aan wildsvleis, biltong en droëwors in hierdie geweste nie.”

So sê James Breedt, omroeper van die gemeenskapsradiostasie Waterberg Stereo.

Die geweste waarna hy verwys, is Thabazimbi in Limpopo. Dié Bosveld-gebied spog ook met die Kransberg en van daar die resep wat Breedt vir Beeld se kookboek-kompetisie ingeskryf het.

Die omroepers van Waterberg Stereo verdryf die koue met heerlike trooskos. Voor is James Breedt en agter staan Kobus en Elsie Swanepoel.

Hy spog met sy Kransbergerpastei.

Breedt sê hy gebruik die kos wat hy tot sy beskikking het ten volle en in die proses eksperimenteer hy ook – veral ten tyde­ van die staat van inperking as hy meer tyd het om resepte te beproef.

Sy Kransbergerpastei is aldus Breedt ’n interessante afwisseling op tradisionele pap en vleis.

Foto:

Dié resep se bestanddele is onder meer ’n ui, knoffel, naeltjies, koljander, tiemie, tamatiepasta en wildsvleis, sout en peper, rooiwyn, sjerrie, sampioene en bruinuiesoppoeier. En eie aan die Bosveld, gekerfde biltong.

Breedt se resep is in die kategorie vir wildsvleis ingeskryf. Daar is ook kategorieë vir vis, vleis, hoender, bykosse, ligte etes, gebak, braai, nagereg/drankies en vegetariese disse. Om jou gunstelingresepte van die staat van inperking in enige van (of al) die kategorieë in te skryf, stuur e-pos na kompetisie@beeld.com.

Heg jou resep en ’n aksie-foto van jouself in die kombuis aan. Vertel ook kortliks hoe jy die resep ten tyde van die staat van inperking gebruik het en watter stories, staaltjies en herinneringe aan jou resep gekoppel is. Nie net het jy die kans om jou resep en foto in die splinternuwe inperking-kookboek, Komkommertyd, te sien nie, daar is ook kontantpryse op die spel.

Beeld het ag geslaan op lesers se versoeke en die spertyd vir inskrywings uitgestel tot 31 Julie.

Lees die bepalings en voorwaardes op Beeld se Facebook-blad.

Meer oor:  Kookboek-Kompetisie  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.