Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Resep vir vlakoek is erfstuk in hul familie
Nina Beukes werskaf in die kom­buis.

Die 13-jarige Nina Beukes van Ashton in die Wes-Kaap sê sy is mal daaroor om vlakoek vir spesiale geleenthede te bak.

Maar nie sommer enige vla­koek nie. Die resep wat sy gebruik, het ’n geskiedenis wat sy ontstaan in 1962 in die plattelandse dorpie De Doorns het.

“In 1962 vir die kerkbasaar het die dominee se vrou glo ’n ongelooflike vlakoek gebak en die vroue het omtrent vuisgeslaan vir die resep, maar my oumagrootjie, Minnie Viljoen, was die gelukkige vrou wat die resep gekry het.”

Hierdie resep word nou van geslag tot geslag oorgedra en Nina­ is baie in haar noppies daarmee.

Haar ouma, Wilna Beukes (75), het in Mei verjaar, maar is ingeperk in Barrydale. Nina kon nie gaan kuier en haar ouma bederf nie, maar dit het haar nie gekeer om die vlakoek te bak nie.

Die vlakoek uit De Doorns.

Sy het toe maar ’n foto vir haar ouma aangestuur en die resep vir Beeld se kookboek-kompetisie ingeskryf.

Jy kan ook jou resepte en die interessante geskiedenis daarvan met ons deel deur e-pos te stuur na kompetisie@beeld.com.

Wys jou staal agter die kospotte met ’n kombuis-aksiefoto om ook die kans te hê om ’n kontantprys los te slaan.

Die beste resepte sal in Beeld se splinternuwe kookboek, Komkommertyd, verskyn.

Gaan loer op Beeld se Facebook-blad vir die bepalings en voorwaardes, asook die tien kategorieë.

Die sluitingsdatum is 31 Julie.

Meer oor:  Ashton  |  Wes-Kaap  |  Kookboek  |  Inperking  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.