Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Warm appeltert met kardamom vir 'n lui dag

Lus, maar te lui? Hierdie maklike appeltert is net die ding.

Foto’s: Ian du Toit

Wat jy benodig

Tert

  • 45 ml sagte margarien, nie gesmelt
  • 250 ml suiker
  • 3 eiers
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 125 ml melk
  • 1 blikkie (400 g) tertappels
  • kaneelsuiker

Sous

  • 125 g botter
  • 1 blikkie ingedampte melk (of 250 ml melk of room)
  • 180 tot 250 ml bruinsuiker of strooisuiker
  • knippie sout
  • 5 ml karamelgeursel of 3 kardamompeule

Maak dan só

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 1,5 liter-vuurvaste poedingbak of tertbord.

Verroom die botter en suiker saam, voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke eier.

Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng dit om die beurt met die melk by die bottermengsel. Skep die beslag in die voorbereide bak of tertbord, pak appels bo-op en strooi kaneelsuiker oor. Bak 30-35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.

Maak intussen die sous: Kook al die bestanddele vir die sous 7-10 minute saam in ’n middelslag-kastrol. Prik die poeding en gooi die warm sous oor die warm poeding. Sit voor met vla, room of Crème fraîche. Wenke: Vervang die geblikte appel met ses vars appels, geskil en opgesny.

Sny die gaar tert in blokkies of skywe voordat die sous oorgegooi word sodat die sous beter intrek.

Meer oor:  Appeltert  |  Resepte  |  Appels  |  Kardamom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.