Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Warm gevulde koolblare (mehsha malfouf)

Bedien 6 porsies.

Wat jy benodig

  • ½ koppie arborio- of basmatirys
  • 1 kopkool
  • 350 g gemaalde lamsvleis
  • ½ ui, opgekap (hou die ander helfte)
  • ¼ teelepel neutmuskaat
  • sout en peper na smaak (plus ½ tot 1 t. sout na smaak)
  • 2 knoffelhuisies, heel
  • 400 g blikkie gekapte tamaties
  • 1 koppie water
  • sap van 1 suurlemoen

Maak dan só

Bedek die rys met water en week vir ’n uur.

Verwyder die blare van die kool, hou hulle heel en verwyder die dik deel by die basis versigtig deur dit in ’n v-vorm uit te sny (maksimum 5 cm). Sny ook die harder onderste deel van die blaar af, sodat die deel wat oorbly, sag en buigbaar is.

Meng die rou maalvleis, rou rys, ui en geur met neutmuskaat, sout en peper. Plaas die koolblare een vir een in ’n bak kookwater om hulle sag te maak.

Vorm ’n wors met die maalvleismengsel, omtrent die grootte van ’n halwe piesang. Plaas die vleisworsie dwars oor die blaar, naaste aan die v-keep. Begin die blaar oprol deur die twee punte beide kante van die v-keep oor die vleisworsie te vou, rol nog ’n keer. Druk die kante van die blaar netjies in en rol al die pad op. Herhaal met die res van die vleis.

Plaas die koolrolletjies styf teenmekaar in ’n kastrol. Sny die orige ui in kwarte en plaas saam met die knoffel, gekapte tamaties en water in die kastrol. Geur met die ekstra sout en plaas ’n groot bord bo-op om dit plat te hou. Bring tot kookpunt en prut sowat 45 minute tot die rys gaar en geure vermeng is.

Druk die suurlemoensap oor en bedien.

Meer oor:  Resep  |  Lamsvleis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.