Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Yolani Abrahams se gebraaide lamsboud

In My Kersfeeskombuis is jy die eregas in 5 spesiale episodes – kom deel in die geheime van 7 sjefs se beste Kersfees-spyskaarte.

Ons kuier by ’n gesoute koskenner soos Marinda Engelbrecht, Yolani Abrahams en die potjiekossterre Piet Marais en Frik Oosthuizen – jou mond gaan water! Skakel in op VIA (DStv-kanaal 147) op 24 Desember tussen 18:00 en 21:00 in vir die heruitsending van episodes 1, 2 en 3. Kuier saam met Marinda Engelbrecht, Fritz en Chanelle Schoon en Yolani Abrahams. Op Vrydag 25 Desember kan jy nader skuif vir Frik Oosthuizen en Piet Marais se feestafel om 17:00 gevolg deur Dorah Sitole se uithaler resepte om 18:00.

Yolani Abrahams se gebraaide lamsboud met aartappels en wortels

Gebraaide lamsboud met aartappels en wortels
Gebraaide lamsboud met aartappels en wortels
Bestandele

  • 3 lamsboude
  • 12 knoffelhuisies
  • 4 e olyfolie
  • 6 takkies roosmaryn
  • 2 e stukkies vars tiemie
  • 3 e Dijon-mosterdsout
  • 6 t growwe swartpeper
  • 30 klein aartappels
  • 40 vars jong wortels

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius.

Druk die boude droog met kombuispapier. Sny met ’n skerp mes kepe oor die hele bokant van die boude.

Meng in ’n bakkie die knoffel, olyfolie, roosmaryn, tiemie, Dijon-mosterd, sout en peper saam.

Plaas die boude met die vetkant bo in ’n gesmeerde braaibak. Smeer die knoffelmengsel oor die boude. Vryf baie goed in die gesnyde kepe.

Plaas in die oond en bak vir ongeveer 1 ½ tot 2 uur tot gaar soos verlang.

Laat rus vir ongeveer 30 min voor dit gesny word.

Bedien met gebraaide aartappels en jong wortels.

Perskeslaai met ’n heuning-mosterd-vinaigrette

Hierdie perskeslaai met ’n heuning-mosterd-vinaigr
Hierdie perskeslaai met ’n heuning-mosterd-vinaigrette maak jy in 'n japtrap!
Bestandele

Vinaigrette

  • 2 k balsemieke asyn
  • 160 ml olyfolie
  • 6 e Dijon-mosterd
  • 6 e heuning?

Slaai

  • 3 pakkies gemengde groen babablare
  • 10 perskes
  • 3 rolle bokmelkkaas
  • 1 k pekanneute

Meng al die bestandele van die vinaigrette saam. 

Ontpit die perskes, sny dit in agstes. Kap die pekanneute in helftes. Sny die rolle bokmelkkaas in klein happies. 

Meng al die slaaibestandele met die gemengde groen babablare. Strooi die gemengde vinaigrette oor die slaai en geniet! 

Meer oor:  Resepte  |  Via  |  Kersfees  |  Slaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.