Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: Ystervarkies

Die ystervarkies (rysfrikkadelle in tamatiesous) is aangepas uit Van die hand na die mond, Monumentgemeente, Bloemfontein. Maak dit moderner met Marokkaanse geure of vervang die rys met gaar bruinrys of quinoa. Vir kortpad, sien die drukpotmetode onder.

Foto: Ian du Toit

Wat jy benodig

  • 30 ml olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 naeltjies
  • 2,5 ml fyn kaneel
  • 2,5 ml fyn komyn
  • 2,5 ml fyn gemmer
  • 5 ml soet of gerookte paprika
  • 1 blik (400 g) tamatieroomsop of tamatiepuree (passata)
  • 125 ml water
  • 5 ml sout
  • 2,5 ml peper
  • titsel suiker of paar druppels heuning na smaak
  • 500 g beesmaalvleis
  • 125 ml rou rys
  • 30 ml worcestersous
  • sout en peper
  • gekapte pietersielie of geskeurde basiliekruid

Maak dan só

Verhit die olie oor matige hitte en braai die helfte van die ui tot sag en deurskynend. Voeg die helfte van die knoffel, die naeltjies, kaneel, komyn, gemmer en paprika by, soteer 1 minuut.

Voeg die tamatiesop of -puree en water by, geur met sout, peper, bietjie suiker of heuning, en verhit tot dit begin prut.

Maak die frikkadelle terwyl die sous liggies prut: meng die maalvleis, rys, die res van die ui en knoffel, worcestersous, sout en peper liggies met ’n vurk. Rol in klein frikkadelletjies. Plaas dit in die sous en prut met die deksel op tot die rys gaar is, 45-60 minute of in die oond vir 60-90 minute by 180 °C. Haal die deksel vir die laaste 15 minute af. Verwyder die naeltjies, strooi pietersielie of basiliekruid oor. Maak dit modern: Plaas die rou frikkadelle in die warm sous in die drukkoker en skep van die sous oor. Sluit die deksel en kook onder hoë druk vir 10 minute. Laat die stoom vinnig uit volgens die pot se instruksies.

Meer oor:  Resep  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.