Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEPTE: Beesstert en biltongbrood met kinkelsop en sjokoladepoeding

Dié resepte kom uit VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Laat die potte prut. Dit is verskaf deur Potternosters, een van die program se wenspanne.

Beesstert

Bestanddele

  • olyfolie
  • 2,5 kg beesstert
  • vars tiemietakkies na smaak
  • vars roosmaryn na smaak
  • 4 lourierblare
  • 2 selderystele
  • 4 middelslagwortels
  • 30 ml (2 e) meel
  • 4 naeltjies
  • 2 x 400 g geblikte tamaties
  • rooiwyn na smaak
  • 1 l liter water

Metode

1. Giet die olie in ’n pot en braai die vleis hierin saam met die tiemie, roosmaryn, en lourierblare.

2. Sny die seldery en wortels in 2 cm-stukkies en sit dit in ’n aparte pot oor die kole. Voeg olyfolie, nog tiemie, roosmaryn en lourierblare by en laat prut vir sowat 20 minute. Voeg die meel en naeltjies by die groente en roer deur. Voeg dan die tamaties en rooiwyn by.

3. Voeg nou die beesstert by die groente.

4. Sit die pot se deksel op en laat prut oor die kole vir sowat vier uur. Voeg water by wanneer nodig.

Biltongbrood

Bestanddele

  • 125 ml (½ k) botter
  • 500 ml (2 k) louwarm water
  • 250 ml (1 k) koekmeel
  • 20 g kitsgis
  • 10 ml (2 t) sout
  • 50 ml (10 t) fyngekerfde biltong

Metode

1. Smelt die botter in ’n kastrolletjie en voeg die water by.

2. Meng die koekmeel, kitsgis en sout in ’n mengbak.

3. Voeg die bottermengsel by en knie dit saam totdat ’n gladde, elastiese deeg begin vorm. Laat dit vir 10 minute rus.

4. Smeer ’n groot platboomgietysterpot en deksel deeglik met botter.

5. Knie die deeg af en plaas dit in die gesmeerde pot. Bedek die pot met ’n klam doek.

6. Plaas die deeg op ’n warm plek om tot dubbel in volume te rys.

7. Sit die pot op stene in die vuur en pak ’n paar kole op die deksel. Reguleer die hitte deur gereeld nog kole op die deksel te sit.

8. Bak vir sowat 1 uur totdat ’n toetspen skoon uit die brood kom.

“Sop” met ’n kinkel (vodkadrankie)

Bestanddele

  • 375 ml (1½ k) vodka
  • 375 ml (1½ k) Blue Curaçao
  • 2 liter limonade
  • droëys

1. Meng alles saam en sit voor.

Sjokoladepoeding

Sjokoladepoeding

Bestandele

  • 1 l melk
  • 30 ml (2 e) kakaopoeier
  • 60 ml (4 e) mieliemeel
  • 75 ml (5 e) suiker
  • ’n knippie sout na smaak
  • 30 ml (2 e) koffiepoeier

Metode

1. Gooi die melk in die pot oor die kole.

2. Meng die kakaopoeier, mieliemeel, suiker, sout en koffie in ’n mengbak en meng dit saam met ’n bietjie water.

3. Wanneer die melk begin kook, klits jy die sjokolademengsel by.

4. Laat dit vir sowat 2 minute prut.

5. Laat staan oor die kole tot gaar en sit dan warm voor met roomys.

  • Nuwe episodes van Laat die potte prut word Donderdae om 20:00 vertoon met heruitsendings op Vrydae om 19:00 en Saterdae om 21:00.
Meer oor:  Via  |  Resep  |  Laat Die Potte Prut
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.