Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEPTE: Groenboontjiebredie met lam en lemoen-bundt-koek met sjokolade-ganache

In VIA se kosprogram Kaap, kerrie en koesisters kook en kuier die tweelingsusters Gadija Sydow Noordien en Fatima Sydow agter die kospotte om geheime uit die Kaaps-Maleise kombuis te deel.

Fatima en Gadija

In die episode maak hulle heerlike Groenboontjiebredie met lam vir hoogereg en Lemoen-bundt-koek met Sjokolade-ganache vir nagereg

Groenboontjiebredie met lam

Bestanddele

  • 45 ml (3 e) kookolie
  • 2 uie, fyngekap
  • ’n heel rissie, fyngekap
  • 2 kg lamsvleis, in blokkies gesny
  • 3 heel peperkorrels
  • sout na smaak
  • 15 ml (1 e) swartpeper
  • 3 knoffelhuisies, grofgekap
  • 375 ml (1½ k) kookwater
  • 700 g groenboontjies, fyngekap
  • 6 aartappels, geskil en in kwarte gesny

Metode

1. Verhit die olie in ’n kastrol.

2. Braai die uie, rissie en vleis tot lekker bruin – hoe bruiner hoe beter.

3. Voeg die sout, peper, peperkorrels en knoffel by.

4. Gooi ’n bietjie kookwater in die kastrol en laat prut tot die vleis lekker sag is.

5. Voeg die groenboontjies, aartappels en nog ’n koppie kookwater by. Roer deur en laat prut tot die aartappels sag is.

6. Gee dit ’n laaste roer en sit voor met rys, ’n sambal van jou keuse en atjar.

Lemoen-bundt-koek

Metode

  • In ’n bundt-pan bak jy ’n koek met ’n holte in die middel.
  • 100 g sagte botter
  • 62,5 ml (¼ k) kookolie
  • 437 ml (1¾ k) suiker
  • 4 groot eiers
  • 750 ml (3 k) koekmeel
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) koeksoda
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 15 ml (1 e) lemoenskil, gerasper
  • 62,5 ml (¼ k) vars uitgedrukte lemoensap
  • 62,5 ml (¼ k) karringmelk
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel

Bestanddele

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Smeer ’n bundt-pan goed met botter.

3. Klop die botter, olie en suiker met ’n elektriese klitser in ’n groot mengbak tot romerig (sowat 4 tot 5 minute).

4. Voeg die eiers een-vir-een by en dan die koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout en meng goed.

5. Voeg die skil, sap, karringmelk en vanieljegeursel by die mengsel en roer dit deur met ’n houtlepel.

6. Skep die mengsel in die koekpan en maak dit gelyk met die agterkant van ’n eetlepel.

7. Bak sowat 50 minute in die oond of tot ’n toetspen skoon uitkom.

8. Laat die koek vir 20 minute afkoel.

9. Dop die koekpan versigtig om op ’n afkoelrak, en laat die koek verder afkoel.

Sjokolade-ganache

Bestanddele

  • 62,5 ml (¼ k) vars room
  • 150 g donker sjokolade, fyngekap
  • vars of versuikerde lemoenskil vir versiering

Metode

1. Giet die room in ’n mikrogolfbestande beker en verhit vir ’n minuut.

2. Voeg die sjokoladestukkies by en laat dit vir ’n paar minute in die room smelt.

3. Roer die room totdat dit ’n gladde, dik smeer vorm.

4. Sit die koek op ’n bord en giet die sjokolade-ganache oor.

5. Versier die koek met een of twee vars of versuikerde lemoenskille.

  • Nuwe episodes van Kaap, kerrie en koesisters wys elke Donderdag om 18:00 op VIA (DStv-kanaal 147).
Meer oor:  Via  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.