Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEPTE: Hoender-en-garnaalkerrie en appelfrummel

In VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Kaap, kerrie en koesisters kook en kuier die tweelingsusters Gadija Sydow Noordien en Fatima Sydow agter die kospotte om nog geheime uit die Kaap-Maleise kombuis te deel.

Fatima en Gadija

Dié resep is halaal-vriendelik, maar kan ook deur almal geniet word. In dié episode nooi die susters vir Ayesha, Judy en Abdeyah van die Rooikruis-kinderhospitaalfonds. Gadija maak hoender-en-garnaal-kerrie en Fatima maak appeltert met roomys.

Hoender-en-garnaalkerrie
 Hoender-en-garnaalkerrie
Hoender-en-garnaalkerrie

Bestanddele

  • 2 e olie
  • 2 e botter
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 2 e fyngemaakte knoffel en gemmer
  • 1 t borrie
  • 1 t gemaalde komyn
  • 2 e geroosterde masala
  • 1 t rooi rissiepoeier
  • sout na smaak
  • 4 hoenderborsfilette, in blokkies gesny
  • 800 g groot garnale, uitgedop en aar verwyder
  • ½ k klapperroom
  • 1 e vars suurlemoensap
  • koljanderblare na smaak

Metode

1. Verhit die olie en botter in ’n groot kastrol en braai die uie en knoffelmengsel tot goudbruin.

2. Voeg die speserye en sout by en braai 10 minute.

3. Voeg water by en roer af en toe sodat niks vasbrand nie.

4. Voeg die hoender by en laat prut vir 6 tot 8 minute en voeg dan die garnale en klapperroom by.

5. Laat prut vir 2 tot 3 minute.

6. Skep uit, bedruip met sap en garneer met koljanderblare.

7. Sit voor met basmatirys.


Appelfrummel

Appelfrummel

Vulsel

Bestanddele

  • 8 groot groen appels, geskil en in blokkies gesny
  • 1 k water
  • ½ k suiker
  • 2 kaneelstokkies
  • 1 e suurlemoensap
  • Deeg
  • 150 g botter
  • ¾ k suiker
  • 1 e vanieljegeursel
  • 1 eier
  • 1 t bakpoeier
  • 2 k koekmeel

Metode

1. Kook die vulsel se bestanddele saam in ’n kastrol tot die water weggekook is. Skep die inhoud in ’n bak, verwyder die kaneelstokkies en laat afkoel.

2. Room die botter en suiker vir 2 minute. Voeg die geursel en eier by en klits vir 1 minuut. Bedek ’n kwart van die deeg met kleefplastiek en plaas in die vrieskas. Bedek die res van die deeg ook met kleefplastiek en plaas in die yskas vir sowat 20 minute.

3. Rol die groot stuk deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak tussen twee stukke kleefplastiek. Plaas die deeg in ’n gesmeerde pan nadat die plastiek verwyder is. Vul die deeg met die afgekoelde appelmengsel en rasper die deeg wat in die vrieskas was bo-oor.

4. Bak in ’n voorverhitte oond vir 30 minute teen 180°C. Haal die gereg uit die oond, laat dit effens afkoel en besprinkel die oppervlak met versiersuiker. Sit die nagereg net so voor of bedien dit met roomys.

  • Nuwe episodes van Kaap, kerrie en koesisters wys elke Donderdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147).
Meer oor:  Via  |  Kaap Kerrie En Koeksisters  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.