Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEPTE: Hoenderlewers en lamskenkels

Dié potjiekosresep kom uit VIA se kosprogram Laat die potte prut. Die resep is deur die P. Valleiers, een van die program se wenspanne, verskaf.

Voorpot – Hoenderlewers

Foto: Ian du Toit

Bestanddele

  • 45 ml (3 e) olie
  • 1 mediumgrootte ui, fyngekap
  • 1 mediumgrootte rooi ui, fyngekap
  • 1 groen soetrissie, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies
  • 1 pakkie tamatiepuree
  • 30 ml (2 e) suiker
  • 1 takkie tiemie
  • 1 takkie roosmaryn
  • sout en peper na smaak
  • 2 brandrissies
  • 4 kg hoenderlewers
  • 250 ml (1 koppie) vars room
  • 2 x 250 ml Nando’s Mild-peri-peri-sous
  • pietersielie vir garnering

Metode

1. Verhit die olie in die pot vir ongeveer vyf minute. Braai die uie en groen soetrissie in die olie tot goudbruin. Voeg die knoffel by en roer.

2. Voeg die tamatiepuree en suiker by. Voeg ’n klein bietjie water by om te keer dat dit brand.

3. Voeg die tiemie, roosmaryn, sout, peper, brandrissies en hoenderlewers by en braai ongeveer 12 minute.

4. Voeg dan die room en kort daarna die Nando’s-peri-peri-sous by. Haal die pot van die vuur af en strooi die pietersielie oor vir garnering.

5. Sit voor met knoffelbrood of ’n broodrolletjie.

Hoofpot – Lamskenkels

Bestanddele

  • 6 lamskenkels
  • sout en peper na smaak
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 6 knoffelhuisies
  • 2 wortels
  • 1 selderystingel
  • 4 opgekapte tamaties
  • 1 takkie tiemie
  • 1 takkie roosmaryn
  • 2 brandrissies
  • 1 ekstrakblokkie
  • 1 x 750 ml bottel merlot
  • 2 pakkies tamatiepuree
  • 15 ml (3 t) suiker
  • 2 pakkies murgpampoentjies
  • 4 mielies in ringe gesny
  • pietersielie vir garnering

Metode

1. Voorverhit die olie in die pot. Geur die lamskenkels met die sout en peper. Braai die uie en knoffel tot goudbruin.

2. Voeg die skenkels by en braai vir 10 tot 20 minute. Voeg die wortels, seldery en tamaties by en kook ongeveer 10 minute.

3. Voeg die tiemie, roosmaryn, brandrissies, ekstrakblokkie en rooiwyn by en laat die pot ongeveer ’n uur prut.

4. Gooi die twee pakkies tamatiepuree en suiker by en laat die pot nog ’n uur en ’n half prut totdat die vleis sag is.

5. Voeg in die laaste 30 minute die groente by die pot, wat ongeveer 20 minute sal vat om gaar te kook.

6. Sit voor met rys.

  • As jy wil, kan jy aartappels by die skenkels kook.
Nuwe episodes van Laat die potte prut word Donderdae om 20:00 uitgesaai, met heruitsendings op Vrydae om 19:00 en Saterdae om 21:00


Meer oor:  Via  |  Resep  |  Laat Die Potte Prut
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.