Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEPTE: Kay van ‘Kuier’ kuier in kombuis
Kay in die kantoor van die tydskrif Kuier. Foto: Adrian de Kock

Op VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Maklik met Marinda gee die eksentrieke Marinda Engelbrecht kitsklasse vir bekendes wat sukkel in die kombuis. Wat gebeur as die borrelende Kay Karriem, redakteur van die tydskrif Kuier, in Marinda se kombuis ’n draai maak? Hulle kuier dat die deksels lig! Marinda wys vir Kay hoe om krummeltjops, sinkplaataartappels en komkommerblokkieslaai te maak.

Resep

KRUMMELTJOPS

2 pakkies bruin uiesop-poeier

3 eiers, geklits

500 ml krummels

125 ml parmesaankaas

100 ml pietersielie, fyngekap

30 ml fyngekapte roosmaryn

8 lamstjops

100 ml Engelse mosterd

Metode

1. Kry drie plat bakkies gereed. In een is die uiesop-poeier, in die tweede een die eiers en in die derde een die krummels, parmesaan, pietersielie en roosmaryn.

2. Klad die tjops mooi droog en smeer weerskante met die mosterd.

3. Druk dit in die soppoeier, dan in die eier en dan in die krummels.

4. Bak dit in vlak olie sodat dit mooi bruin is aan albei kante.

5. Sit dit op ’n bakplaat en bak 20 minute teen 180 °C.

Resep

SINKPLAAT-AARTAPPELS

800 g baba-aartappels, afgespoel

80 ml knoffelbotter

4 sprietuie, fyngekerf met groen stingel en al

15 ml repies suurlemoenskil

45 ml suurlemoensap

sout en peper

2-3 wiele fetakaas, in 2 cm-blokke gesny of gebreek

Metode

1. Kook die aartappels in ’n pot met soutwater tot lekker sag. Dreineer en sit terug in pot.

2. Sit die knoffelbotter en sprietuie by en laat die botter oor hoë hitte smelt.

3. Braai tot die sprietuie effens deurskyn raak.

3. Sit die suurlemoenrepies en -sap by en breek die aartappels rofweg met ’n vurk op.

4. Geur na smaak en roer die feta liggies deur (jy wil hê die kaas moet groterige stukke bly.)

5. Skerp in ’n mooi bak en bedien.

Resep

KOMKOMMERBLOKKIESLAAI

1 pak suurlemoenjellie

250 ml kookwater

125 ml roomkaas

125 ml mayonnaise

500 ml fyngerasperde komkommer, gedreineer

1 klein ui, gerasper

sout en peper

Metode

1. Maak die jellie aan met die kookwater.

2. Roer die roomkaas en mayo by die jellie in.

3. Voeg die komkommer, ui, sout en peper by.

4. Gooi in ’n vierkantige glasbak wat uitgespoel is met yswater.

5. Plaas in die yskas om te stol.

6. Bedien in blokkies gesny.

  • Skakel Woensdae om 17:30 in vir nuwe episodes van Maklik met Marinda op VIA (DStv-kanaal 147).
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.