Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEPTE: Maalvleis-en-groente-breyani en dadelbrood

In VIA se kosprogram Kaap, kerrie en koesisters kook en kuier die tweelingsusters Gadija Sydow Noordien en Fatima Sydow agter die kospotte om geheime uit die Kaaps-Maleise kombuis te deel.

Maalvleis-en-groente-breyani

Maalvleis-en-groente-breyani

close up on the gravy

Bestanddele

  • 75 ml (5 e) kookolie
  • 2 groot fyngekapte uie
  • 800 g maalvleis
  • 45 ml (3 e) vars gerasperde knoffel en gemmer
  • 3 kardemomsade
  • 3 naeltjies
  • 1 lourierblaar
  • 3 kaneelstokkies
  • sout na smaak
  • 10 ml (2 t) borrie
  • 10 ml (2 t) breyani-masala
  • 2 k gemengde groente
  • 500 g gaar basmati-rys
  • 250 ml (1 k) gaar lensies
  • 6 geskilde aartappels in blokkies gesny
  • gekapte koljander
  • 4 gekookte eiers

Metode

1. Verhit kookolie in ’n groot kastrol, en voeg die uie, maalvleis, knoffel, gemmer en speserye by. Laat die mengsel vir sowat 15 minute braai en roer wanneer nodig.

2. Voeg die gemengde groente en 2 koppies kookwater by, en laat prut oor medium hitte.

3. Diepbraai die aartappels in olie.

4. Wanneer die helfte van die water weggekook het, voeg dan jou gekookte rys, lensies, gebraaide aartappels en gekapte koljander by.

5. Sit die pot se deksel op en laat die mengsel sowat 20 minute prut.

6. Roer vir ’n laaste keer, en garneer met gekookte eiers. Sit voor met ’n uie-slaai vir ekstra skop.

Dadelbrood

Bestanddele

  • 250 ml (1 k) gekapte dadels
  • 5 ml (1 t) koeksoda
  • 200 g sagte botter
  • 250 ml (1 k) bruinsuiker
  • 15 ml (1 e) vanieljegeursel
  • 125 ml (½ k) gouestroop
  • 250 ml (1 k) kookwater
  • 2 groot eiers
  • 625 ml (2½ k) koekmeel
  • 30 ml (2 t) bakpoeier
  • 15 ml (1 e) kaneel
  • 15 ml (1 e) gemengde speserye
  • 1 knippie sout
  • gekapte okkerneute (opsioneel)

Metode

1. Voorverhit die oond tot 170 °C.

2. Week die dadels in ’n bak in die kookwater en voeg dan die koeksoda by. Roer vinnig en laat dit ’n bietjie staan.

3. Klits die botter vir ’n minuut tot romerig, voeg suiker by en klits.

4. Voeg die vanieljegeursel en gouestroop by en meng.

5. Voeg die eiers een vir een by en klits.

6. Voeg al die droë bestanddele by en klits sowat ’n minuut lank.

7. Voeg die dadels en die water waarin dit geweek het by die mengsel en roer.

8. Skep die mengsel in ’n gesmeerde broodpan en bak vir 1 uur en 20 minute.

9. Om te toets of die brood gaar is: Prik die brood met ’n sosatiestokkie. As die stokkie droog en skoon uit die brood kom, is dit gaar.

WENK:

Plaas die dadelbrood in kleefplastiek terwyl dit nog bietjie warm is, om die korsie lekker toffieagtig te maak en te verseker die brood bly lekker sag.

  • Nuwe episodes van Kaap, kerrie en koesisters wys elke Donderdag om 18:00 op VIA (DStv-kanaal 147).
Meer oor:  Via  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.