Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEPTE: 'n Woolies-Kersfees op VIA
 

Die smulpaap Sam Woulidge en die sjef Jacques Erasmus, van die restaurant Hemelhuijs, span kragte saam met Woolworths om te wys hoe jy dié feestyd ’n maklike en heerlike Kersmaaltyd vir jou hartsmense kan voorsit in die spesiale VIA (DStv-kanaal 147) program, ’n Woolies-Kersfees met vriende

 

Ons deel graag drie lip-lekker resepte uit die feestelike program! 

Ystee-Prosecco

Genoeg vir 6 mense

Ystee-Prosecco
Ystee-Prosecco
  • 4 jenewerbessie-teesakkies
  • 2 k verkilde gemmerbier
  • 4 t heuning
  • 3 e suurlemoensap
  • ysblokkies
  • vars bessies (opsioneel)
  • 1 bottel verkilde Prosecco ICE

    Metode: Laat trek die teesakkies vir 5 minute in die gemmerbier. Haal uit en meng die gemmerbier met die heuning en sap. Giet in ’n ponsbak en voeg die ys en bessies by. Giet net voor opdiening die Prosecco by. As jy individuele drankies wil maak, giet vonkelwynglase halfvol met die teemengsel en giet net voor opdiening die Prosecco by. Sit net vir die pret Kersballe in die ponsbak. As julle nie-alkoholiese drinkgoed verkies, gebruik Lautus De-alcoholised Sparkling Wine.

Geskroeide salm met ’n feestelike glaseersel en kraakvars groenteskaafsels

  • Genoeg vir 6 tot 8
  • Bereiding: 1 uur
  • Gaarmaaktyd: 30 minute
Feestelike geskroeide salm


GLASEERSEL

  • 250 g ligbruin suiker
  • 1 k donker sojasous
  • 1 k water
  • ¾ k lemoensap
  • ¾ k droë witwyn
  • ¾ k rysasyn
  • ¾ k heuning
  • 75 g vars gemmer, gerasper 
  • 1 t gemaalde wonderpeper (allspice)
  • 1 t koljandersade, fyngedruk 
  • 1 t Szechuan-peper 1 t, fyngedruk
  • 1 rooi brandrissie
  • 3 sprietuie, grofgekap
  • 6 knoffelhuisies, gekneus
  • 1 lemoen, in dik skywe gesny

GROENTESKAAFSELS

  • 1 groen appel, in kwarte gesny
  • 2 bete
  • 1 Daikon-radys van 10 cm 
  • 6 rooi radyse

SALM

  • 1 stuk salm, met vel, maar ontgraat
  • 1 e canola-olie
  • 1 stuk vars gemmer van 4 cm, fyngekap
  • sitrusskywe vir opdiening

GLASEERSEL: Maak die glaseersel deur al die bestanddele in ’n groot kastrol te plaas. Laat dit prut tot dit met sowat twee-derdes afgekook is en sowat een koppie lewer. Sif en behou die vloeistof.

GROENTESKAAFSELS: Skil en sny die groente in lang, dun vuurhoutjies. Plaas vir 10 minute in yswater om weer lekker bros te word. Dreineer en hou eenkant.

SALM: Voorverhit die oond tot 200 grade Celsius. Vryf die bokant van die salm in met 2 eetlepels glaseersel. Verhit ’n pan waarin die salm sal pas tot baie warm en giet die olie in. Plaas die slam velkant na bo in die pan en braai 2-3 minute to goed gekaramelliseer en geskroei. Draai om en braai nog 2-3 minute. Plaas op ’n bakplaat en bak in die oond vir 15 minute tot net gaar, maar nog pienk in die middel. Haal uit die oond en sit die salm op ’n groot opdienbord.

Skep mildelik van die glaseersel oor sowel as die groente, gemmer en radys. Sit dadelik voor.

Kok se wenke
Die glaseersel kan ’n paar maande lank in die yskas gebêre word en werk ook goed as ’n doopsous vir groente, vir roerbraai en as ’n taai Oosterse braaisous. Die groente kan die dag vooraf berei word en in ’n lugdigte houer in die yskas gebêre word. Dit kan warm of koud bedien word. Sit voor met volgraan-vermicelli.

Tenderstem™-broccoli met rokerige Hollandaise-sous

Jy kan die Tenderstem™ vervang met groenbone, Brusselse spruite of ’n mengsel van alles.

Tenderstem™-broccoli met rokerige Hollandaise-sous
Tenderstem™-broccoli met rokerige Hollandaise-sous

Hollandaise

  • 2 E witwynasyn
  • 3 E koue water
  • 3 organiese eiergele
  • 250 g verhelderde botter
  • sap van ’n halwe suurlemoen
  • 3 druppels Woolworths Smoke Extract sout na smaak

Broccoli

  • 500 g Tenderstem™-broccoli 
  • witpeper na smaak
  • suurlemoenskywe

Hollandaise: Meng die asyn en 2 E water in ’n kastrolletjie. Laat kook oor hoë hitte tot verminder tot 1 eetlepel. Verwyder van die hitte en voeg die res van die water by. Giet in ’n bak en voeg die eiergele by. Klits die mengsel met ’n elektriese klitser tot dik en romerig. Plaas die bak oor ’n klein kastrolletjie met pruttende water. Klits 1 eetlepel verhelderde botter op ’n slag by tot goed gemeng. As al die botter ingewerk is, geur met suurlemoensap, rookekstrak en sout.

Broccoli: Blansjeer die broccoli – sowat 5 minute. Geur die broccoli en warm Hollandaise met witpeper en sit voor met vars suurlemoenskywe.

Sam Woulidge en die sjef Jacques Erasmus, van die
Sam Woulidge en die sjef Jacques Erasmus, van die restaurant Hemelhuijs, is te sien op VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram, ’n Woolies-Kersfees met vriende

Vir nog resepte uit ’n Woolies-Kersfees met vriende gaan na: http://www.woolworths.co.za/recipe/_/A-cmp212041

Kyk saam na VIA (DStv-kanaal 147) se ’n Woolies-Kersfees met vriende op hierdie dae:

  • 17 Desember at 14:00
  • 18 Desember at 19:00
  • 21 Desember at 21:00
  • 22 Desember at 09:00
  • 24 Desember at 17:00
  • 25 Desember at 13:00


Meer oor:  Woolworths  |  Via
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.