Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEPTE: Tradisionele beesskenkelbredie en perskepoeding

In VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Kaap, kerrie en koesisters kook en kuier die tweelingsusters Gadija Sydow Noordien en Fatima Sydow agter die kospotte om nog geheime uit die Kaaps-Maleise kombuis te deel.

Dié resep is halaal-vriendelik, maar kan ook deur almal geniet word.

In dié episode: Werner, Jacques en Mishka het onlangs Fatima se kombuis opgeknap. Die susters nooi hulle oor vir die groot onthulling en natuurlik bederf hulle hulle met ’n heerlike ete.

Tradisionele beesskenkelbredie

beesskenkelbredie

Bestanddele

  • 3 e olie
  • 2 kg beesskenkel
  • 3 uie, geskil en gekap
  • 1 t sout
  • knoffelhuisies, geskil en fyngekap
  • Swartpeper na smaak
  • 1 lourierblaar
  • 2 wortels, geskil en gekap
  • 1 bakkie sampioene

Metode

1.Verhit die olie en voeg die vleis, uie en sout by. Braai oor medium hitte tot bruin.

2. Voeg knoffel, peper, lourierblaar en ’n bietjie water by. Laat prut tot byna sag. Dit sal sowat ’n uur neem – roer en gooi nog water by wanneer nodig.

3. Voeg wortels en sampioene by en laat prut vir nog sowat 20 minute. Sit voor met kapokaartappels of geroosterde groente.


Perskepoeding

Perskepoeding

Bestanddele

  • 500 ml vars room
  • 1 bakkie volroom-roomkaas
  • 1 blik kondensmelk
  • Sap van 1 suurlemoen
  • 2 groot blikke ingelegde perskes
  • 1 ronde sponskoek

Metode

1. Klop die room styf.

2. Klits die roomkaas en kondensmelk in ’n ander bak tot gemeng.

3. Voeg die helfte van die geklopte room en die suurlemoensap by en klits tot goed gemeng.

4. Sny ’n paar perskes in blokkies en meng deur die roomkaasmengsel.

5. Plaas dun snytjies koek in ’n ronde tertbord.

6. Drup van die sap van die ingelegde perskes oor.

7. Skep die roomkaasmengsel oor en maak gelyk.

8. Pak die perskeskyfies bo-op in ’n mooi patroon.

9. Spuit rosette met die oorblywende room bo-op. Hou in die yskas tot gereed om te eet.

  • Nuwe episodes van Kaap, kerrie en koesisters wys elke Donderdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147).
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.