Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Resepteboek ding mee om internasionale prys
Vier van die vyf vroue wat betrokke was by die samestelling van die bekroonde boek Hartskombuis deur die Oorlogsmuseum is, van links, Dané Swanepoel, Estelle Knox, Etna Labuschagne en Elmarie Malherbe. Vicky Heunis was afwesig.Foto: Mlungisi Louw

’n Kookboek oor kos uit die tydperk van die Anglo-Boereoorlog (ABO), saamgestel deur personeel van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein, is in die wedloop om ’n internasionale prys.

Die boek, Hartskombuis, het pas die nasionale toekenning in die kulinêre afdeling van die gesogte jaarlikse Gourmand-eerbewyse opgeraap.

Die boek sal einde Mei met ander nasionale wenners in China meeding.

Hartskombuis bestaan uit etlike resepte uit die tyd van die oorlog wat aangevul is met kombuistoebehore en ander artikels wat met kos verband hou en uit die oorlog dateer.

Dit is in samewerking met Tafelberg-uitgewers uitgegee en is die kroon op die museum se publikasies, het Johan van Zÿl, bestuurder van vakkundige dienste van die Oorlogsmuseum, gesê.

Die kookboek het goed verkoop en volgens Van Zÿl verdien die vroue wat by die Oorlogsmuseum werk – Estelle Knox, Vicky Heunis, Dané Swanepoel, Etna Labuschagne en Elmarie Malherbe – al die erkenning aangesien dit hul voorstel was.

Een van die museum se vorige boeke, Die oorlog kom huis toe in 2013, het self in 2014 ’n eerbewys ingeoes. Dit was die wenner in die afdeling vir niefiksie in die kykNET-Rapport-boekpryse. Dit is ook in Engels as The War at Home uitgegee.

In die afgelope vier jaar alleen was die Oorlogsmuseum by ’n dosyn boeke betrokke, waarvan hy party self uitgegee het.

Onder hulle is die gedenkuitgawe-reeks van drie boeke waarvan net 300 stelle gedruk is. Dit bevat die eerstehandse vertellings en wedervarings, in die oorspronklike taal, soos neergepen deur vroue, kinders te velde en in konsentrasiekampe, asook burgers op kommando. Baie hiervan is nog nooit voorheen gepubliseer nie.

“Uitgewers is gereeld op soek na goeie manuskripte oor die gebeure van die oorlog. Die jongste een met die beplande titel, Die Anglo-Boereoorlog in 100 ikoniese objekte, is pas aan Jonathan Ball-uitgewers oorhandig en word eersdaags gedruk.

“Dit vertel die oorlog in chronologiese verloop aan die hand van 100 ikoniese artikels in die museum se versameling,” sê Van Zÿl.

Daar word volgens hom nou aan twee nuwe publikasies gewerk oor die ervarings van Britse soldate in Suid-Afrika in die ABO en een oor handwerk wat deur krygsgevangenes vervaardig is.

Meer oor:  Anglo-Boereoorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.