Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Restaurant by Durbanville Hills kry 3 gesogte pryse

Durbanville Hills by Kaapstad se Tangram-restaurant het drie pryse losgeslaan op die Haute Grandeur Global Restaurant-toekennings wat die naweek in Kuala Lumpur, Maleisië, plaasgevind het.

Durbanville Hills se Tangram-restaurant het die afgelope naweek drie internasionale pryse ontvang.

Die restaurant, wat bekend is vir sy skouspelagtige uitsigte van Tafelberg en Tafelbaai, het die prys vir Beste Suid-Afrikaanse Kookkuns op ’n Internasionale Vlak, Beste Restaurantbestuurder in Suid-Afrika en Beste Fynproewerkookkuns in Afrika ontvang.

Luidens ’n verklaring gee die pryse erkenning aan gasvryheidservarings oor sewe kontinente in meer as 60 lande.

Pryse word toegeken deur middel van ’n streng graderingsproses wat gegrond is op terugvoering van gaste, eerder as op die publiek se stem of beoordeling.

Durbanville Hills se Tangram-restaurant.

Dirk Steyn, wat die prys vir Beste Restaurantbestuurder in Suid-Afrika ontvang het, sê in ’n verklaring dit is vir hom ’n voorreg om internasionale erkenning te kry.

“Die gasvryheidsbedryf is mededingend en verbruikers dring aan op volgehoue gehalte, uitmuntende diens en unieke ervarings wat hulle teruglok. Om uit te eet is so ’n sosiale en betekenisvolle geleentheid, en verbruikers het ontsettende hoë verwagtinge. Ons roem onsself daarop om ons gaste se verwagtinge te oortref – of dit nou met ontbyt, ’n rustige middagete of ’n feestelike aandete is.”

Die Tangram-restaurant bied ’n uitsig oor pragtige heuwels van die Kaapse wynlande.

Met die mees onlangse Haute Grandeur Global Restaurant-pryse sit Tangram sy prestasies van die afgelope jare voort. Dit sluit in die Sertifikaat vir Uitnemendheid van TripAdvisor in 2019, Beste Restaurant in die Wynlande (Restaurant Week, 2015 en 2016), Beste Restaurant in Suid-Afrika (Restaurant Week, 2017), Top-restaurant op TripAdvisor (2018), en onlangs ’n nominasie vir Beste Restaurant vir die Haute Grandeur Global Restaurant-pryse van 2019.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.