Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Rooibos deur kommissie erken

Die Europese Kommissie het rooibos of “red bush” in sy register vir produkte uit geografies beskermde gebiede van oorsprong opgeneem. Dit sal verbruikers help om die ware produk wat in die Cederberge gekweek word van ander produkte te onderskei.

Rooibos, ’n trots Suid-Afrikaanse produk, word uitsluitlik in die Cederberge verbou. Dit word sedert 2005 in Amerika beskerm, nadat ’n lang regsgeskil besleg is.

Ingevolge die skikking het die twee inbreukmakende ondernemings ooreengekom om hul registrasies van handelsmerke van rooibos te kanselleer, wat aan hulle die eksklusiewe reg op rooibos in Amerika en ander lande gebied het.

Rooibos of “red bush” sluit aan by Champagne, Ierse whiskey, Porto, Queso Manchego en ander ikoniese produkte wat reeds geregistreer is. Voedselprodukte wat in die Europese Kommissie se register vir produkte uit geografies beskermde gebiede van oorsprong gelys word, lewer byna R1,24 miljard op.

Die erkenning van die oorsprong van die produkte bemagtig verbruikers om kwaliteitsprodukte te onderskei. So kan hulle vertrou dat hulle outentieke produkte wat gekoppel is aan die streek van oorsprong en die kundigheid van die produsente daarvan geniet. Die registrasie verhoog ook die vermoë om die rooibos-handelsmerk wêreldwyd te beskerm.

Vervaardigers van produkte bestaande uit rooibos mag nou die beskermde-gebied-van-oorsprong-­logo gebruik, wat deur verbruikers in Europa herken word.

Meer oor:  Rooibos  |  Kos En Wyn  |  Cederberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.