Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
SA restaurant het beste wynlys

’n Pretoriase restaurant het vandeesweek dit reggekry om die toekenning van beste wynlys ter wêreld op te raap en dit voor die neuse van meer as 1 000 internasionale restaurante, waarvan sommige met drie Michelin-sterre spog.

Neil Beckett, redakteur van The World of Fine Wine en paneelsameroeper, Annerie van der Merwe, keldermeester van Restaurant Mosaic at The Orient, en Moses Magwaza, sommelier (hoofwynkelner) van die restaurant, Dinsdagaand by die toekenningsplegtigheid in Londen.

Restaurant Mosaic at The Orient het behoorlik skoonskip by die toekennings gemaak wat Dinsdag in Londen gehou is. Die fynproewersrestaurant net buite Hartbeespoortdam het ook die prys ontvang vir die beste wynlys ter wêreld by ’n hotel. Hulle was ook die wenners vir die beste hotelwynlys, die beste lang wynlys, die beste sjampanje- en vonkelwynlys, die beste dessert -en gefortifiseerde wynlys, die beste spiritualieëspyskaart en die beste wyn wat per glas be­dien word-wynlys vir die Afrika en Midde-Ooste-streek.

Die World’s Best Wine Lists-toekenning is een van die globale restaurantbedryf se gesaghebbendste toekennings en duisende restaurante van oor die wêreld heen ding mee.

Die inskrywings word beoordeel deur van die wêreld se voorste wynkenners en kritici en die paneel word saamgeroep deur Neil Beckett, The World of Fine Wine se redakteur. Die re­staurante se wynlyste word beoordeel aan ’n reeks streng kriteria wat diepte, interessantheid, gehalte, waarde vir geld, helderheid en akkuraatheid insluit.

Restaurant Mosaic at The Orient het meer as 80 000 bottels van die wêreld se skaarsste en gesogste wyn.

Die restaurant het ook vroeër vanjaar ’n Wine Spectator Grand Award-toekenning verower. Die toekenning word slegs aan 100 restaurante wêreldwyd toegeken wat ’n uitsonderlike hoë standaard met hul wynlys, wynkelder en kliëntediens handhaaf.

Meer oor:  Kos En Wyn  |  Restaurante  |  Toekenning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.