Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
SA sjefs wen medaljes by ‘spele vir kosmaak’
Die sjef Nicolas van der Walt by sy ontwerp van suiker met die titel “King for a Day”.Foto: Facebook

Suid-Afrika se nasionale span kokke het drie medaljes verower by ’n groot internasionale kompetisie wat soos die Olimpiese Spele, elke vier jaar gehou word.

Hulle het in Stuttgart, Duitsland, deelgeneem het aan die kompetisie waaraan spanne uit meer as 54 lande meeding.

As deel van die kompetisie het Suid-Afrika se span van agt lede ’n driegangmaaltyd berei vir 110 mense, wat tien beoordelaars insluit.

Die span het ’n bronsmedalje gewen in die Restaurant of Nations-kompetisie. Daarvoor moes die span kos voorberei van allerhande nasies regoor die wêreld.

Die Suid-Afrikaanse span het ’n tweede bronsmedalje gewen in die afdeling Chefs Table. In dié afdeling het die gaste wat die kos eet, in die kombuis gestaan en kyk hoe die kos berei word. Die gaste het ook in die kombuis geëet. Dit was ’n maaltyd met sewe gange.

Ook individue van Suid-Afrika het ingeskryf vir sekere afdelings, en in een van dié individuele afdelings het Suid-Afrika ’n medalje losgekook.

Die sjef Nicolas van der Walt het ’n bronsmedalje gewen in die kategorie vir ’n ontwerp wat van suiker gemaak is met die titel “King for a Day”. Die ontwerp lyk soos ’n blommerangskikking in ’n blompot. ’n Protea, strelitzias en ander blomme is in die rangskikking.

Die kompetisie is van 14 tot 19 Februarie gehou.

Die SA span het bestaan uit Trevor Boyd, Oscar Baard, Henrico Grobbelaar, Dion Vengatass, Adrian Vigus-Brown, Chante Rabie, Bradley van Niekerk, Kirstin Hellemann, Nicolas Van Der Walt, Lesley Jacobs (logistieke bestuurder) en Craig Colin Henley (logistieke bestuurder).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.