Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Sente-omdraai-gebak net waarna ons soek

Terwyl die inperking voortsleep, moet baie Suid-Afrikaners hul sente twee keer omdraai. Dit is ook die geval met kruideniers-inkopies.

Marlize Botha van Vanderbijlpark sê sy moes haar begroting aanpas en met beperkte bestanddele sien kom klaar.

Marlize Botha van Vanderbijlpark spog met gebak uit haar kombuis.

Toe die lus vir ’n warm gebakte poeding op ’n koue Sondagaand haar beetpak, het sy ’n plan beraam.

“Ek het marmelade tot my beskikking gehad en moes toe kreatief­ wees.”

Sy het groen appels geskil en in suikerstroop gekook en laat koud word om te gebruik in wat sy noem Marappeloly-poeding.

Die ander bestanddele wat sy byderhand gehad het, was botter, bruismeel, bakpoeier, eiers, kaneel, melk, sout, suiker en water.

Die uiteinde was dat haar lus vir daardie koesterkos in die vorm van warm poeding op ’n bekostigbare wyse geblus is.

Marce Kriek van Johannesburg sê haar koskaste is ook ingeperk ten tyde van die inperking. Daarom het sy ’n visresep aangepas om haar sak te pas.

Marce Kriek van Johannesburg se vissouttert sal nie jou sak ruk nie.

“Vir ’n deftiger variasie gebruik ek salm. Vir ’n begrotingsvriendeliker variasie gebruik ek tuna.”

Daarmee saam gebruik sy kaas, mosterd, suurlemoensap, eiers, melk, suurroom en brood om haar gesonde vissouttert te maak.

Die twee resepte is sprekende voorbeelde van die resepte waarna Beeld op soek is vir ’n splinternuwe kookboek, Komkommertyd.

Komkommertyd gaan ’n versameling van lesers se gunsteling-inperking-resepte wees.

Deel jou resep in een van die volgende kategorieë: vis, vleis, wildsvleis, nagereg/drankies, gebak, braai, bykosse, vegetariese geregte, ligte etes en hoender.

Stuur jou inskrywing na kompetisie@beeld.com voor 31 Julie.

Heg jou resep, ’n foto van jouself in die kombuis, asook die stories, staaltjies en herinneringe wat jou resep spesiaal maak, aan die e-pos. Jy kan tot drie resepte per kategorie instuur en sodoende jou kans verbeter om ’n kontantprys te wen.

Lees die bepalings en voorwaardes op Beeld se Facebook-blad.

Meer oor:  Vanderbijlpark  |  Kookboek-Kompetisie  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.