Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Skaap, swartbrood en vriendskap

Kosbare vriendskap het gesorg vir ’n mandjie vol verrassings, skryf Errieda du Toit.

Foto’s: IAN DU TOIT

Op ’n lui Saterdagmiddag waar die kraaie gaap, lui die deurklokkie.

My hitte-gedempte eetlus ontwaak die oomblik dat ek loer in die afleweringsmandjie met emaljeskotteltjies – die een gemerk “skaaptongetjies” en die ander een “sousie”.

Die mandjie onthul ’n louwarm pikgitswart brood, yskoue botter, ’n fles Russiese plakkoekies, ’n pragtige teedoek en die pièce de résistance – ’n streepsak vol gedroogde mieliestronke!

Die brief daarby is só spe­siaal dat dit nou in my sentimentboks bewaar word.

Daarin skryf die saggeaarde Paarl-kok Mynhardt Joubert in sy sierlike handskrif: “Liewe Du Toits, sommer net iets om te sê ons het vreeslik baie daar aan julle gedink in die koue Noorde . . .”

Hy en sy kunstenaar-man, Ian Engelmohr, was vir Kersfees in Rusland, ’n reis wat ek verlangend op Facebook gevolg het. Elke geskenk het sy storie.

Hy vertel hoe hy en Ian ook hul hart verloor het op die Georgiese kosse.

“Die Georgiese restaurante bedien my soort kos, hartskosse wat lank en stadig voorberei is, laaste stukkies oor koolvure geskroei is en vleise wat in houtoonde gaargemaak is.”

Hy vertel hoe hulle op hul eie Oukersaand by ’n Georgiese restaurant oorkant die Neva­rivier in St. Petersburg gevier het. (Die Russies-Ortodokse Kersfees word eers in Januarie gevier.)

Die tongetjies is saggekook in ’n sous met die geure van vinkel, lourier, wonderpeper, dillesade en knoffel.

Mama Tuta het hulle laat voel hulle is by die huis. “Die eeue oue stem en hande van duisende huiskokke, huis­hande, moeders en oumas was almal op die een bord.”

Dieselfde emosionele uit­werking wat die eenvoud en eerlikheid van Mama Tuta se gebraaide skaaptongetjies en swartbrood op ’n wintersnag op Mynhardt gehad het, het dit na my somersdag gebring.

Die tongetjies is saggekook in ’n sous met die geure van vinkel, lourier, wonderpeper, dillesade en knoffel.

Sy brief verklaar ook die sak mieliestronke: “Die stronke is uit die Vrystaat en gee ’n sagte gerookte smaak aan die vleisie – maak sommer in ’n toeknyprooster gaar.”

Al die liefde word opgemop deur die brood. Dit kombineer die eietydse pantoffelbrode gemaak met geaktiveerde houtskool met die tradisionele Russiese swart rogbrood.

Waar die donker smake Mynhardt terugneem na die witgeyste strate van Moskou en St. Petersburg, sal dit my altyd herinner aan ’n vriendskapsgebaar op ’n baie warm voorstedelike Saterdagmiddag.

Daarom maak ek dit weer en weer.

  • Vir navrae oor die sjef Mynhardt Joubert se doenighede by sy Stasiestraat-huisrestaurant en Katedraal Kelder-kombuise, besoek mynhardt.co.za.
Meer oor:  Errieda Du Toit  |  Resep  |  Oos-Kaap Naweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.