Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Skryf nou in vir Chenin Blanc-uitdaging

Witwyn hoort beslis nie net in die somer nie, want jaarliks word chenin blanc in die hartjie van die winter gevier.
Ken Forrester, medestigter en voorsitter van die Chenin Blanc-vereniging, moedig produsente aan om hul chenin blanc-wyne in te skryf vir die Chenin Blanc Top-10-uitdaging.

Of dit nou sonskyn of reënweer is, jy in Suid-Afrika of Amerika sit, ’n glasie moet jy klink. Vrydag 18 Junie is die Internasionale Drink Chenin Blanc-dag en die kollig word helder geskyn op die uitnemende chenin blanc-wyne wat in Suid-Afrika geproduseer word. Die #DrinkChenin-dag bring miljoene chenin-drinkers oor die wêreld heen byeen en jy kan dit vier deur geleenthede by te woon, jou plaaslike kelder wat chenin blanc maak te besoek of om jou gunsteling-bottel chenin oop te maak en te geniet.

Volgens die Chenin Blanc-vereniging van Suid-Afrika is die datum gekies vir die Noordelike Halfrond se somer en om die varsheid van chenin blanc te vier, maar dit plaas juis daaroor die kollig op die diversiteit van die wyn. “Chenin kan net so genotvol wees tydens die Suid-Afrikaanse winter, met voller style wat wissel van sur lie tot gehoute style – die ideale pasmaat vir warm wintermaaltye,” meen die vereniging.

Boonop word #DrinkChenin  nie net in Suid-Afrika gevier nie, maar in vele streke, soos die Swan-vallei in Australië en die Loire-vallei in Frankryk.Vanjaar gaan die dag ook gepaard met die goeie verhouding tussen chenin en soesji. Die vereniging beoog om sy liefde vir chenin en soesji te kombineer met sy liefde vir die restaurantbedryf – wyn en kos is immers die twee bedrywe wat baie hard moes werk om die inperking verlede jaar te oorleef.) 

  • Om die kombinasie van chenin en soesji te vier gaan daar ’n kompetisie vir liefhebbers van die twee wees. Die drie beste foto’s van chenin en soesji wat op die dag (18 Junie) op sosiale media gelaai word, gaan elk drie kiste (36 bottels) chenin blanc wen. Onthou om die hutsmerk #DrinkChenin te gebruik en die Chenin Blanc-vereniging te tag in jou plasing.
  • Jy kan Vrydag by Ken Forrester Wines in Stellenbosch aanklop om die dag te vier met Japanse kookkuns wat saam met vier style chenin blanc voorgesit gaan word. Daar gaan drie sessies (11:00, 13:00 en 15:00) aangebied word en dit kos R350 per kaartjie. Kaartjies is by www.quicket.co.za beskikbaar.
  • Besoek www.chenin.co.za of die Chenin Blanc-vereniging se sosialemedia-profiele vir meer inligting oor die dag en die viering wat aangebied word.
Chenin blanc-uitdaging: Skryf nou in!

Maak jou kelder een of meer chenin blanc-wyne? En dink jy en al jou klante dit is van die beste wat gemaak word?

Dan moet jy nou daardie wyne vir die Chenin Blanc Top-10-uitdaging inskryf.

“Baie van die beste Suid-Afrikaanse wyne het chenin blanc as basis,” sê die Britse wynskrywer Jancis Robinson MW. Sy lê ook klem op die druif se soliede verouderingspotensiaal, en skryf in ’n artikel verlede maand oor chenin in die Financial Times dat “wanneer dit kom by veroudering, kan dit sy man staan teen die beste witwyne”.

Ken Forrester, medestigter en voorsitter van die Chenin Blanc-vereniging, het gesê hierdie hoë lof kom net voor vanjaar se Standard Bank Chenin Blanc Top-10-uitdaging waarvoor inskrywings van 21 Junie ontvang word.

“Nou is ’n uitstekende tyd vir die maak van chenin. Die stygende reputasie van Suid-Afrika se weergawes van die druifsoort help verhoog internasionale persepsie van ons land se vermoë om uitstekende en opwindende wyne te lewer wat ook verouderingspotensiaal het. Veral chenin het voordeel getrek uit hierdie erkenning.

“Mens kan soveel baat vind daarby om een van die toptien wyne te wees. Dink aan die waarde van die erkenning en die blootstelling. En onthou, vir elkeen van die toptien wyne is daar ’n kontantprys van R25 000 wat bestee moet word aan ’n projek om plaaswerkers op te hef of hul vaardighede te verhoog ter erkenning van hul bydrae tot jou sukses,” sê hy.

Inskrywings kan tot 1 Julie by Villiera, buite Stellenbosch, ingehandig word.
Die wenners word einde Augustus aangekondig.

Besoek www.chenin.co.za vir meer inligting of stuur ’n e-pos aan Ina Smith by cheninblancasso@gmail.com.


Meer oor:  Kompetisie  |  Chenin Blanc  |  Top 10
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.