Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Slaan nou daardie geurige vrugtekoek aanmekaar

Vir die vierde agtereenvolgende jaar is sjef Mynhardt Joubert weer hard aan die werk aan vanjaar se ikoniese Vrystaat-vrugtekoeke. Alles vir ’n baie spesiale saak en net betyds vir die feestyd.

Vanjaar kan jy jou eie vrugtekoek maak vir jou Kerstafel met sjef Mynhardt se resep. Foto: VERSKAF

Ter ondersteuning van Monte Christo Miqlat (MCM), ’n maatskappy sonder winsbejag in die Paarl, span sjef Mynhardt saam met Moirs, Sasko, KWV Brandy en Président-botter om sy geliefde vrugtekoeke te bak.

“Die geheim vir ’n vrugtekoek met ’n verskil? Ons bak met liefde en hou gedurig die mense in gedagte wat voordeel trek uit elke koekverkoping.

“Dit is ’n absolute hoogtepunt en die perfekte geleentheid om na te dink oor die verloop van die jaar. ’n Resep word net iets besonders as jy jou hart en siel daarin giet,” sê Joubert.

Het jy geweet?

Vir talle is vrugtekoeke nie net ’n belangrike element vir die Kerstafel nie, maar dit word ook geniet by troues.

Mits jou vrugtekoek in ’n lugdigte houer geberg word, sê sommige bronne dat dit tot 25 jaar kan verouder.

’n Stukkie pynappel-vrugtekoek is in die National Air and Space Museum in Washington te sien.

Die stuk koek het saam met die Apollo 11-bemanning na die maan gereis, maar is nie tydens die sending geëet nie.

  • Net ’n beperkte aantal van sjef Mynhardt se feestelike vrugtekoeke word elke jaar gebak en word teen R350 per koek verkoop. Jy kan een per e-pos by cake@mynhardt.co.za of aanlyn by mynhardt.co.za bestel.

Mynhardt se vrugtekerskoek

Wat jy benodig

  • 250 ml water
  • 310 ml sagte bruinsuiker
  • 1 kg vrugtekoekmengsel
  • 250 g dadels, gekap
  • 250 g goue sultanas
  • 250 g kasjoe- en makadamianeute, rof gekap
  • 7 ml koeksoda
  • 250 g Président-botter
  • 100 g rooi geglaseerde kersies
  • 100 g groen geglaseerde kersies
  • 5 eiers, geklits
  • 20 ml vanieljegeursel
  • 125 ml KWV-brandewyn
  • 625 ml Sasko-bruismeel
  • 5 ml sout
  • 5 ml kaneel

Maak dan só

1. Voorverhit die oond tot 120 °C.

2. Smeer ’n hoë pan van 25 cm met botter. Voer uit met drie lae bakpapier (op die bodem en teen die kante) en smeer weer met botter.

3. Verhit die eerste agt bestanddele (water, suiker, vrugtekoekmengsel, dadels, sultanas, neute, koeksoda en botter) stadig saam tot kookpunt en prut vir 5 minute. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Voeg kersies by.

4. Meng die eiers, vanielje en brandewyn saam en roer dit by die beslag. Voeg die meel, sout en kaneel by en roer goed.

5. Skep die beslag in die pan en bak vir 2 uur tot deurgaar.

6. Laat dit in die pan afkoel en keer uit.

7. Sprinkel bietjie brandewyn oor en bêre in ’n lugdigte houer. Klam die vrugtekoek gereeld aan met nóg ’n bietjie brandewyn.

Meer oor:  Mynhardt Joubert  |  Vrugtekoek  |  Resep  |  Kos En Wyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.