Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Smullekker sjokoladekoekies

Die VIA-kosprogram Kaap, kerrie en koesisters word deur die tweelingsusters Fatima en Gadija Sydow aangebied. In hul familiekombuis in Manenberg deel hulle geheime van die Kaaps-Maleise kookkuns.

Sjokoladekoekies

Bestanddele

500 g sagte botter

375 ml (1 ¼ k) strooisuiker

1 eier

500 ml (2 k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

15 ml (1 e) vanielje geursel

250 ml (1 k) kakaopoeier

250 ml (1 k) gedroogde klapper

200 g gesmelte melksjokolade

Metode

  • Meng die botter en suiker met ’n elektriese klitser tot lig en romerig.
  • Voeg die eier en vanielje geursel by.
  • Nadat alles gemeng is moet die droë bestanddele bygevoeg word, klapper ingesluit.
  • Meng al hierdie bestanddele met die hand saam totdat die deeg in balletjies gevorm kan word.
  • Indien die mengsel steeds te nat is kan ’n ¼ koppie meel bygevoeg word. Moenie te veel byvoeg nie.
  • Vorm die deeg in ’n groot bal en besprinkel met meel. Bedek met kleefplastiek en plaas in die yskas vir sowat 20 minute.
  • Neem die helfte van die deeg en bedek die oppervlak waarop jy gaan werk met meel. Rol die deeg rofweg uit.
  • Maak met ’n vurk patrone bo op die deeg.
  • Neem ’n koekiedrukker en druk die gepaste vormpies uit. Plaas elke vormpie op ’n bakplaat bedek met waspapier. Maak seker dat daar eweredige spasies tussen die vormpies is.
  • Bak die koekies vir ongeveer 12 minute teen 180 °C.
  • Die koekies sal sag voel wanneer hulle uit die oond kom maar sal verhard met afkoeling.
  • Neem een koekie, smeer met die gesmelte sjokolade en bedek met ’n tweede koekie.
  • Druk die twee koekies liggies saam. Laat die sjokolade droog word. Bêre die koekies in ’n lugdigte houer.

Wenk: Indien die deeg moeilik bymekaar kom kan 15 ml olie of botter bygevoeg word. Indien die deeg te taai is kan ’n paar eetlepels meel bygevoeg word.

  • Nuwe episodes van Kaap, kerrie en koesisters word elke Maandag om 17:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Dinsdae om 19:00 en Saterdae om 15:30.
Meer oor:  Manenberg  |  Kaap  |  Fatima En Gadija Sydow  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.