SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Kos en Wyn
Snoek vol proteïene en omega-3 met min vet – studie
Volgens ’n nuwe studie wat in die South African Journal of Science gepubliseer is, bevat snoek baie proteïene en belangrike omega-3-vetsure, maar min vet.Foto: Verskaf

Kaapse snoek bevat nie net baie gesonde proteïene nie, maar is vol omega-3-vetsure en bevat min vet.

Die eerste omvattende studie wat oor die voedingswaarde van snoek gedoen is, wys dat dit ’n “gesonde en goedkoop bron van proteïene” is.

Die bevindinge is onlangs publiseer in die South African Journal of Science deur Sune Henning, ’n navorser in voedselwetenskap en tegnologie aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, en prof. Louw Hoffman van die Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoel in vleiswetenskap: genomika tot nutriomika aan die Universiteit Stellenbosch.

Slegs ? handvol studies is al oor die voedingswaarde van Suid-Afrikaanse seevisspesies gedoen. Daarby het slegs enkele studies al in die verlede spesifiek na rou en gaar Kaapse snoek (Thyrsites atun) gekyk.

Volgens die studie bevat gaar snoek minder as 4% vet, en kan dit met pienk salm vergelyk word. Snoek het ook “goeie vetsuur” – veral as dit gaargemaak word. Deur die snoek gaar te maak verminder die voginhoud en vermeerder die proteïene.

Daar is meer proteïene (24,5%) in snoek as in Europese stokvis, seebaars, kabeljou of varswater-visspesies soos reënboogforel en katvis.

“Kaapse snoek word dikwels beskou as ’n vis wat minderwaardig is, maar in werklikheid is dit ’n gesonde, relatief goedkoop bron van hoë proteïen en lae vet wat baie ‘goeie’ omega-3-vetsure bevat,” sê Henning.

Volgens die navorsers moet nog werk gedoen word oor plaaslike stokvis, die Kaapse dorie en sardyne wat ook ekonomies is, asook die verskillende gaarmaakmetodes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.