Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Só maak jy met gemmer

Op VIA se landbouprogram Nisboere verken die aanbieders Malixole “Mali” Gwatyu, Anrich Herbst, Chris de Clerq, en dr. Simonia Magardie die stories van mense wat met min grond maar baie gees boer.

In dié reeks artikels kyk ons na die stories, resepte en raad wat jou sal inspireer om self in jou eie agterplaas of tuin te begin boer.

Simonia kuier by ’n gemmerboerdery naby Hazyview in Mpumalanga. Die Lubbes se boerdery, Brandwag-plaas, lê by die samekoms van verskeie riviere en hier boer hulle op 100 hektaar met gemmer.

x

Japie Lubbe sr., wat ’n stadsjapie van Pretoria was, sê hulle het in 1971 die plaas gekoop. Saans het hy begin swot, sy landbougraad gekry en hier begin boer met sitrus en mango’s, en hulle was moontlik die eerste kommersiële gemmerboere in die land.

Robbie de la Porte verduidelik hoe gemmer van twee kante met ’n vurk uitgehaal word sodat dit so min as moontlik beskadig word. Jaco Lubbe vertel hoe die “vuil stuk gemmer” skoongemaak word – dit word met water gespuit en met die hand met ’n borsel geskrop voordat dit mooi netjies gesny word. Japie Lubbe jr. vertel hoe die werkers ná sowat ’n uur met die hand voel of die gemmer droog is.

As jy met gemmer wil boer, moet jy baie water tot jou beskikking hê. Dit is ’n tropiese plant, dus soek jy ’n atmosfeer met humiditeit, baie son en swaar grond met lekker kompos.

x

Wat jy van gemmer moet weet

  • Skil dit met ’n teelepel, nie ’n mes nie – dis makliker.
  • Die eenvoudigste slaaisous: gerasperde gemmer, fyngekapte knoffel, suurlemoensap en olyfolie – te lekker vir woorde!
  • Rasper gemmer in rooibostee teen naarheid en om lekker te slaap.
  • Rasper gemmer in kokende water, laat dit afkoel en skink dit in jou bottel wat jy saamneem gimnasium toe – dis verfrissend en bevat natuurlik geen suiker nie. Sit mentblare en komkommerskyfies by vir ekstra lekkerte.

Wat anders het in Nisboere gebeur?

Mali besoek Kruispan se soja- en nierbone-boerdery van 1 500 hektaar buite Ermelo, Mpumalanga. Dit is ’n aanvulling tot ’n tradisionele skaap-, bees- en mielieboerdery. Hannes Jansen sê dis ’n moeilike boerdery, met onkruid wat onder meer ’n groot probleem is. Dis egter wel goed winsgewend. Die “misgordel” waarin hul plaas lê, is ideaal vir die verbouing van nierbone.

Willem gesels met Corné Liebenberg by Laeveld Agrochem se hoofkantoor in Pretoria. Hy vertel van die mense wat Agrochem se “masjienkamer” bedryf.

x
  • Nuwe episodes van Nisboere wys elke Dinsdag om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) met heruitsendings op Sondae om 16:30. In samewerking met Laeveld Agrochem.

Meer oor:  Via  |  Gemmer  |  Nisboere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.