Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Soeke na die beste jongwyne afgehandel

Die room van die 2021-oesjaar se wyne is verlede week beoordeel vir die SA Jongwynskou.

Meer as 1 100 inskrywings is verlede week vir die 189ste SA Jongwynskou in die Nederburg-veilingkompleks in die Paarl beoordeel.

Altesaam 14 panele met meer as 50 beoordelaars het die beste jongwyne geïdentifiseer.

Dié kompetisie vereer jaarliks die beste wyne van die huidige oesjaar.

William Stacey, een van die beoordelaars, het almal verlede Vrydag laat skaterlag met sy masker. Die beoordeling het natuurlik ingevolge streng Covid-19-veiligheidsmaatreëls plaasgevind. Foto: Verskaf

Die wyne ding mee vir 17 prestigeryke trofeë in die verskillende klasse, asook goue, silwer- en bronsmedaljes.

Elke jaar word die algehele kampioen-jongwyn van die jaar bekroon met die gesogte Generaal Smuts-trofee en die kelder met die meeste totale punte vir inskrywings in vyf kategorieë kry die Pietman Hugo-trofee.

Die aankondiging van al die nasionale trofeewenners vind Maandag 30 Augustus op ’n geleentheid in samewerking met Agri-Expo op Nederburg plaas.

Meer oor:  Wyn  |  Wynbedryf  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.