Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Soete oorwinnings vir dié lekkernye

Die Muskadel SA-pryse was vanjaar ’n spesiale geleentheid vir die Breedekloof se Badsberg-wynkelder, wat die aand se groot wenner was.

Tydens die 17de jaarlikse prysfunksie vir muskadel verlede Donderdag by die Noop-restaurant in die Paarl is dié kelder met ’n platinum- asook twee goue pryse vereer.

Al die wenners van die Muskadel SA-pryse. Voor, van links, is Stian Victor (Badsberg), Philip Viljoen (Bon Courage), Henri Swiegers (Muskadel SA-voorsitter), Nina-Mari Bruwer (Mont Blois) en Antoinette van Zyl (Enartis SA). Agter is Carlo Sciocatti (Montagu Wine & Spirits), Phillip Vercueil (De Wet Cellar), Johan Hugo (Orange River Cellars), Tiaan Loubser (Du Toitskloof) en Werner du Plessis (Slanghoek). Foto’s: JULIAN KRUGER PHOTOGRAPHY

Sy Badsberg Rooi Muskadel 2017 is met platinum vereer en sy Rooi Muskadel 2008 én 2009 het goue pryse gekry. Die 2008-oesjaar het ook in 2009 goud gekry by die toekenningsgeleentheid.

Buiten vir Badsberg se muskadel was die Mont Blois Pomphuis Wit Muskadel 2016 die enigste ander wyn wat ’n platinumprys gekry het.

Platinumpryse word deur beoordelaars toegeken aan wyne op grond van hul smaak en as die verpakking volgens die beoordelaars die beeld van muskadel bevorder.

“Badsberg Rooi Muskadel, een van ons vlagskipwyne, het al een keer vantevore tydens die 2014 Muskadel SA-pryse die voorreg gehad om ’n platinumprys te wen vir ons Rooi Muskadel 2013. Om weer ’n platinumprys in te palm is ’n groot eer.

Twee wyne is ook vanjaar met platinum-pryse vereer. Op die foto is die twee wyne se wynmakers Nina-Mari Bruwer (Mont Blois) en Henri Swiegers (Badsberg).

“Die feit dat ons nuwer en ouer oesjare so goed vertoon is verblydend; dit skep vir ons ’n goeie platform om vanaf te werk vir die toekoms,” sê Willie Burger, Badsberg se keldermeester.

Wenners van die aand kom uit die wynstreke van Robertson, Breedekloof, Worcester en uit die Oranjerivier.

Meer oor die kompetisie

Die Muskadel SA-pryse, geborg deur Enartis SA, vereer jaarliks die beste van dié wyne wat in die land beskikbaar is.

’n Kundige beoordelaarspaneel proe die wyne blind en beoordeel die wyne volgens ’n puntestelsel. Die uniekheid van die verpakking speel ook ’n rol in die beoordeling en kan die verskil tussen ’n goue- en platinum-prys beteken.

Die paneel bestaan uit Dave Biggs (sameroeper van die paneel, wynskrywer en stigterslid van die wynklub Wine-of-the-Month), Cerina van Niekerk (Klawer Wynkelder se wynmaker), Altus le Roux (direkteur by Coastal Wine Exports), Jaco Potgieter (DGB-oenoloog) en Nerina Cloete (Blaauwklippen se wynmaker).

Die wenwyne kan in winkels uitgeken word aan die Muskadel SA-plakker wat op die bottel aangebring word.

Gouemedaljewenners

  • Badsberg Rooi Muskadel 2008
  • Badsberg Rooi Muskadel 2009
  • Bon Courage Rooi Muskadel 2018
  • Bon Courage Wit Muskadel 2018
  • Montagu Wine & Spirits Wit Muskadel (geen oesjaar).
  • Du Toitskloof Rooi Muskadel 2016
  • Du Toitskloof Hanepoot Jerepigo 2014
  • Slanghoek Rooi Muskadel 2017
  • Slanghoek Wynkelder Rooi Muskadel 2018
  • Slanghoek Wynkelder Hanepoot Jerepigo 2017
  • De Wet Cellar Wit Muskadel 2017.
  • Orange River Cellars Wit Muskadel 2017
  • Orange River Cellars Hanepoot 2017
Meer oor:  Wyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.