Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Spesiale aanbod by Eikestad-eetplekke weer aangebied

Ná ’n suksesvolle eerste ronde is die #SupportStellenbosch-inisiatief terug om restaurante in die Eikestad by te staan.

#SupportStellenbosch is ’n beloningsveldtog waarin restaurantgangers geld terugkry wanneer hulle by een van die deelnemende eetplekke gaan kuier. As jy ’n ete by een van die restaurante geniet en met SnapScan betaal, kry jy ’n geskenkbewys wat jy by een van die ander restaurants kan gebruik.

Hierdie keer is die inisiatief terug tot die einde van die skoolvakansie (of totdat die geld op is).

So, wikkel om een van die restaurante te besoek!

Die hele proses is heel eenvoudig:

* Jy besoek een van die deelnemende restaurante en geniet ’n ete alleen, saam met ’n geliefde, vriende of familie;

* Betaal jou rekening met SnapScan (aflaaibaar in enige app-winkel). Binne 72 uur word daar ’n geskenkbewys in jou SnapScan-“beursie” gelaai wat jy binne twee weke by een van die ander deelnemende restaurante kan gebruik. Jou geskenkbewys sal 50% van jou rekening wees;

Jy moet net minstens R200 bestee om ’n geskenkbewys te kry en die maksimum bedrag wat die geskenkbewys kan wees, is R400;

* Die deelnemende restaurante is Bartinney, Bellevue, Beyerskloof Wynbar, Delaire Graff-restaurant en Indochine, De Warenmarkt, Genki, The Bakery @ Jordan, Kunjani, Spek en Bone, Eike, Long­ridge, Longtable-restaurant (Haskell), Middelvlei, Overture, Pink Valley Wines, Lanzerac Taphuis en Deli, The Hussar Grill, The Vine Bistro (Glenelly), Vadas Smokehouse and Bakery (Spier), The Fat Butcher, Joostenberg Bistro en The Stellies Taproom (Klein Joostenberg), Oppie Dorp-restaurant, Oude Werf-restaurant, Casa Cerveza, Rust en Vrede, Guardian Peak, De Volkskombuis, Fine Pastries, Stellenbosch Kitchen, Brampton Wine Studio, Majeka House Kitchen, Basic Bistro, Simply Greek, Eten Health Bar, Jar­dine, Devon Valley Hotel, Pane E Vino, Back’s, Somerbosch Bistro, Bootlegger Coffee Company, Mont Marie-restaurant, Le Pommier-restaurant, Cavalli Estate, Café Furlough en Love Wine Studio.

* Besoek www.visitstellenbosch. org vir meer inligting. – Versnit-redaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.