Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Spesialis Carina Gous nou by Kleine Zalze

’n Veteraan en kundige in die wynbedryf het hierdie maand by Kleine Zalze in Stellenbosch aangesluit om die bemarking en verkope te hanteer.

Carina Gous

Carina Gous het by die plaas aangesluit as uitvoerende bestuurder van bemarking en verkope, ’n veld waarin sy ’n spesialis is.

Sy was voorheen verbonde aan Distell, waar sy ’n groot rol gespeel het in die groei van die maatskappy, asook aan Wines of South Africa (Wosa), en meer onlangs was sy wynstrategieraadgewer vir verskeie wynbesighede in die bedryf.

“Carina word oral in Suid-Afrika gerespekteer, sowel as internasionaal, en sal goed ontvang word deur ons kliënte en markte,” sê Kobus Basson, eienaar en besturende direkteur van Kleine Zalze.

Gous sê: “Dit is ’n voorreg om aan te sluit by die ervaring en talentvolle span by Kleine Zalze.

“Ek sien uit daarna om te werk saam met ’n goed gevestigde en gerespekteerde handelsmerk, en om my bemarkingskennis en internasionale ervaring toe te pas om meer geleenthede vir besigheid in Suid-Afrika en op die internasionale verhoog te skep.” 

Meer oor:  Kleine Zalze  |  Stellenbosch  |  Verkope  |  Bemarking  |  Wynbedryf  |  Veteraan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.