Die Old Mutual Trofee-spiritus-skou se wenners is verlede week tydens ’n aanlyn seremonie bekend gemaak, met ’n hele paar bekendes onder die groot wenners.
Inskrywings vir die kompetisie was oop vir spiritus-produsente van ander lande en streke soos die Skotse Hoogland, Skandinawië, Kentucky, Mexiko, Cognac en die Karibiese Eilande.
Suid-Afrika was die groot wenner met die meeste trofees én goue medaljes. Altesaam 14 trofees, drie beste-in-’n-kategorie-trofees, tien goue medaljes, 40 silwermedaljes en 32 bronsmedaljes is toegeken.

Die Three Ships Cask Matured Whisky Aged 9 Years Fino Cask Finish Limited Release was die groot Suid-Afrikaanse wenner by die spiritus-skou.
Vanjaar se spiritus-trofeewenners
- Beste brandewyn van die skou én beste cognac: Cognac Frapin Chatêau Fontpinot XO
- Beste potketel-brandewyn: Van Ryn’s Single Potstill Brandy Aged 12 Years
- Beste gemengde (blended) brandewyn: Viceroy Brandy Aged 5 Years
- Beste jenewer van die skou én beste Londen-styl jenewer: Beefeater London Dry Gin
- Beste gedistilleerde jenewer: Cape Fynbos Gin
- Beste gegeurde jenewer: Whitley Neill Aloe & Cucumber Gin
- Beste whisky van die skou én beste gemengde whisky: Three Ships Cask Matured Whisky Aged 9 Years Fino Cask Finish Limited Release
- Beste graanwhisky: Bain’s Founders Collection Aged 18 Years Oloroso Cask Finish Special Release Single Grain Whisky
- Beste enkelmoutwhisky: The BenRiach 2007 (eksklusief gebottel vir WhiskyBrother)
- Beste potketel-whisk(e)y: Green Spot Single Still Irish Whiskey
- Beste tequila van die skou: Olmeca Altos Reposado 100% Tequila
Gouemedaljewenners
- Aberlour Highland Single Malt Scotch Whisky 16 Years
- Bain’s Founders Collection Aged 15 Years Special Release Single Grain Whisky
- Bain’s Founders Collection Aged 18 Years Fino Cask Finish Special Release Single Grain Whisky
- Beefeater 24
- Chivas Regal Extra
- Malfy Gin Originale
- Malfy Gin Rosa
- The London No. 1 Gin
- Uitkyk Pot Still Brandy 10 Year Old Grand Reserve
- Wildcraft Equinox 79 Gin